Minstens 14 sterf in massaskietery in Soweto

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Minstens 14 mense is dood tydens ʼn skietery Saterdagaand in Soweto.

“Ons is omstreeks 00:30 na die toneel ontbied,” het lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Toe ons by die toneel opgedaag het, was 12 persone reeds dood.”

Elf persone is na ʼn hospitaal geneem maar nog twee persone het later aan hul beserings beswyk. Die dodetal staan tans op 14.

Die kroeg is in Orlando geleë. Die persone is almal vermoedelik tussen 19 en 35 jaar oud.

Intussen is vier mense dood tydens ʼn skietery in ʼn kroeg in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die skietery het Sondagogend omstreeks 03:30 plaasgevind. Agt persone is beseer, het Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton ·

Cele wou graag daar wees maar hy was besig om die gras te sny

Karina ·

Chicago, Denemarke, orals is daar sulke onbeheersde skietery van onskuldige persone. Dit is gereeld in die koerante. Die duiwel is los!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.