Verkiesing: 9 miljoen SA’ners nog nie geregistreer nie

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Minstens 9 miljoen Suid-Afrikaners wat geregtig is daarop om vanjaar aan die plaaslike verkiesings deel te neem, het nog nie geregistreer nie, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Donderdag gesê.

Mosotho Moepya, hoof verkiesingsbeampte, het gesê daar is tans 24,9 miljoen geregistreerde kiesers. “Gebaseer op die jongste beraming van persone wat die ouderdom bereik het dat hulle mag stem, is daar tans 34 miljoen burgers wat geregtig is daarop om te stem. Die huidige registrasievlak is dus 73%. Ons doen ʼn beroep op persone om te registreer,” het hy aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Van die 9 miljoen persone wat nog nie geregistreer is nie, is 4,3 miljoen tussen 30 en 39 jaar oud. Minstens 1,5 miljoen persone wat nog nie geregistreer is nie, is tussen 18 en 19 jaar oud en 1 miljoen ouer as 50.

Die meeste geregistreerde kiesers woon in Gauteng, naamlik 5,9 miljoen, gevolg deur KwaZulu-Natal (5 miljoen) en die Oos-Kaap (3,1 miljoen).

Volgens Moepya sal daar meer stempunte wees, as deel van die OVK se poging om dit vir kiesers toeganklik te maak om te kan stem. “Altesaam 22 570 stempunte sal hierdie naweek oop wees, dit is 1 711 meer stasies as tydens die vorige munisipale verkiesing en 307 meer as tydens die nasionale en provinsiale verkiesings in 2014.

“Die toename in die stempunte reflekteer nie net ʼn toename in die wyke weens die afbakeningsproses nie, maar is ook deel van die voortgesette pogings deur die OVK om toeganklikheid vir kiesers te verseker.”

Elke stempunt sal ʼn afskrif van die kiesersrol hê wat die kiesers se name sal bevat wat geregistreer is om in daardie gebied te mag stem.

Kiesersregistrasie, waartydens persone ook hul besonderhede kan opdateer indien hulle verhuis het, is geskeduleer vir Saterdag en Sondag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PJ ·

Sien jy nou nie meer bewys van adres nodig om te registreer was dit altyd so? So kan onwettige immigrante ok nou stem?

Frederik ·

Volgens die berig stem ons die naweek. Is dit net môre of Sondag ook?

Sune van Heerden ·

Dagsê Frederik

Let asseblief daarop dat dit slegs ‘n registrasienaweek is – die verkiesingsdatum is nog nie aangekondig nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johann Marx ·

Die populasie aanwas is ongelukkig lankal nie meer net deur geboortes nie. Onwettige immigrante gaan na die Departement van Binnelandse Sake….en praat met Johannes. Vir ‘n fooitjie gee Johannes vir jou ‘n matriek sertifikaat van ‘n afgebrande Afrika skool uit die platteland. Dan doen jy aansoek vir ‘n ID dokument (wat jy sê verlore geraak het, maar jy het darem nog jou skool sertifikaat)…en voila!!…daar is jy ‘n “wettige Suid Afrikaanse burger”. Afrika is nie vir sissies nie.

Trolle ·

Is daar n party vir my of het almal maar die selfde agenda ,die land het my heel deurmekaar weet nie meer wie is vyand of vriend nie?

GES ·

Dit is tog belangrik om te gaan stem. Slegs ‘n derde van stemgeregtigde kisers gaan stem. Elkeen van ons stemme kan ‘n verskil maak. So asb mense gaan stem.

Hendrik ·

Indien daar ‘n verkiesing gehou word en jy kan stem wil dit nie se dat daar ‘n demokrasies in die land is nie. Die minderheidsgroepe het ‘n minimale invloed om die uitslag van die verkiesing. Die afbakenings komitee (Demarcation Board) , geinfiltreer/beinvloed deur die ANC, het die wyke so opgestel dat minderheidsgroepe feitlik geen kans het om ‘n wyk te wen nie. Kyk na wyk 48 aan die weste van Pretoria waar Oliewenhoudbos, plakkerskamp Itereleng en Heuweloordsaam ingedeel is. Dit is ‘n helse meerderheid (400 000) met ‘n 1000 minderheid in een wyk ingedeel. Demokraties…? .Die sitplekke wat minderhede verteenwoordig op die rade is dus feitlik net proposionele warmhou sitplekke. As daar ‘n paar witgesigde sit in die raadsale is daar demokrasie. Nee wat so vang hulle my nie. Ben ek stem saam dat daar baie water in die see moet loop vir my om ooit weer te gaan stem.

vermeende ·

Dink mooi, as jy stem dan kan jy nie kla oor Zumaville, die water, riool of eskom nie. Jy sal ook moet stilbly oor jou taal, grondonteiening en BEE.
Jy sien, hierdie is n demokratiese verkiesing en jy vereensewig jou met die uitkoms daarvan.
Maak soos ek en braai eerder want al die partye in die land volg presies dieselfde beleid.

STEM REG EN BLY WEG.

jaco ·

Maak ‘n identiteitsdokument die enigste voorwaarde om te stem en laat mense stem waar hulle op stemdag is. almal het anyway identiteitsdokomente nodig. ekstra registrasie as kiesers is tydmors en kos biljoene.

Ek ·

As Afriforum of Steve n party gehad het dan sou ek gaan stem…. Anders…. Nah

Francois ·

Die persone wat wegbly en nie stem nie,aanvaar die huidige situasie in die land,en moet ook nie kla as daar nie verandering kom nie, elke stem tel !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.