Dit is noodsaaklik dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nou reeds presies uitpluis wat feit, en wat fiksie is, oor ’n beweerde koverte (geheime) taakspan van die ANC om verlede jaar se verkiesing met gemene spel teen die DA en EFF te beïnvloed, en die ANC se agenda te bevorder.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Verkiesing 2016"
ANC verwerp gerugte oor ‘geheime verkiesingsveldtog’
Die ANC het Dinsdag mediaberigte verwerp dat hy ʼn geheime veldtog van R50 miljoen van stapel gestuur het om die 2016 plaaslikeregeringsverkiesing te beïnvloed.
OVK maak datum bekend vir tussenverkiesings
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Dinsdag die datum bekend gemaak vir tussenverkiesings wat in verskeie provinsies sal plaasvind ná die plaaslikeregeringsverkiesing.
Wag ʼn nuwe daeraad op Suid-Afrika?
Koalisieregerings is nie vreemd in Europa nie en dit is maar iets waarmee ons altans voorlopig moet vrede maak. Daar sal toegewings weerskante toe gemaak moet word en dit gaan afhang hoe bereid die DA en Malema se EFF daartoe gaan wees om metro’s ten beste van almal te bestuur.
ANC ontken bewerings van verkiesingsongerymdhede
Die ANC in KwaZulu-Natal het Dinsdag gesê bewerings dat die party betrokke was by verkiesingsbedrog in die KwaDukuza-munisipaliteit is “belaglik”.
‘Verkiesing-ongerymdhede’ in KZN ondersoek
Bewerings het Maandag aan die lig gekom dat pensioenarisse in ʼn wyk van die KwaDukuza plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal toegelaat is om twee keer te stem en dat ANC-lede die stemstasie beman het.
‘Raad moet afname in ANC-steun ondersoek’
“As die ANC nie meer aan bewind is nie, sal juis die arm gemeenskappe in Suid-Afrika ly onder beleidsrigtings wat nie ten gunste van armes is nie.”
DA-vrou dra nou die broek in Limpopo-munisipaliteit
Inwoners van Vaalwater, Modimolle (Nylstroom), Naboomspruit en Roedtan in Limpopo kan uitsien na “positiewe verandering” met ʼn plaaslike DA-vrou, ma, voormalige joernalis en onderwyseres, nou aan die stuur van die Mookgophong/Modimolle-munisipaliteit.
ANC is nuwe speaker, burgemeester in Ekurhuleni
Twee ANC-raadslede is Dinsdag as speaker en burgemeester van Ekurhuleni aangewys ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
DA-burgemeester vir Jhb
DA-lede het Maandagaand gedans en gesing toe die party se burgemeesterskandiaat, Herman Mashaba, tydens die eerste sitting van die Johannesburgse stadsraad tot burgemeester verkies is.
VF Plus-raadslid glo gedreig ‘vrou, kind sal verdwyn’
Die VF Plus het Maandag gesê Franco de Lange, die party se raadslid vir Johannesburg, is kort voor die metro se eerste raadsvergadering gedreig dat sy vrou en kind sal “verdwyn” indien hy saam met die opposisie teen die ANC stem.
Nuwe Jhb-speaker aangewys
Die Johannesburgse stadsraad het Maandag tydens sy eerste sitting en verskeie onderbrekings ʼn nuwe speaker verkies.
Kontant vir stemme: ANC-raadslid ontken omkopery
Dan Bovu, burgemeesterskomiteelid van die ANC, het gerugte deur die EFF, dat hy kontant aangebied het vir opposisiepartye om seker te maak die ANC behou die Johannesburgse metro, verwerp.
Man vas oor moord op DA-raadslid
Johannes Baatjies, DA-raadslid van Daniëlskuil, het glo ook doodsdreigemente ontvang nadat hy die wyk gewen het tydens die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
ANC gee R500 000 vir stemme, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Sondag ʼn ANC-burgemeesterskomiteelid daarvan beskuldig dat hy kontant vir opposisiepartye aanbied om seker te maak dat die ANC die Johannesburgse metro behou voor die eerste raadsitting Maandag.
DA beplan groot koalisieskuif in Ekurhuleni
Die Demokratiese Alliansie in Ekurhuleni het alle opposisiepartye uitgedaag om die wil van die mense te volg, soos hulle op 3 Augustus gestem het, en die ANC te ontsetel.
ANC behou Rustenburg in naelbytstryd
Die ANC het Vrydag op ʼn dramatiese wyse mag behou in die plaaslike raad in Rustenburg, Noordwes.
Tshwane-burgemeester verkies
Die Demokratiese Alliansie se Solly Tshepiso Msimanga is Vrydag deur die nuwe Tshwane-raad as uitvoerende burgemeester verkies.
Nuuskommentaar: Koalisies en samewerking
Sou die nuwe situasie daartoe lei dat Suid-Afrika ook professionele politieke brugbouers kry, gaan hulle, met die EFF in die prentjie, hare op hul tande nodig hê om die wa op sy spore te hou. Tensy natuurlik die EFF vir ’n slag besluit om volwasse politiek te bedryf.
Opposisiepartye teken ‘geskiedkundige’ ooreenkoms
Meeste van die land se grootste opposisiepartye het Woensdag bekend gemaak hoe hulle sal saamwerk na die munisipale verkiesing vroeër die maand waarin geen partye ʼn meerderheid in verskeie munisipaliteite oor die land heen kon behaal nie.