Video: ‘Dis die onsekerheid van Covid-19 wat my bang maak’, vertel gesondheidsorgwerkers

Dr. Jaco van Niekerk, ‘n traumadokter, het met Maroela Media gepraat oor Covid-19 en hoe personeel dit ervaar. (Foto: ‘n Skermgreep uit die vieo.)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het onlangs aangekondig dat 240 gesondheidsorgwerkers reeds aan Covid-19 gesterf het, terwyl 27 360 gesondheidsorgwerkers reeds positief vir die koronavirus getoets is.

Dit is egter nie net mediese personeel se fisieke gesondheid wat deur die virus geraak word nie. Hul gemoedstoestand en persoonlike lewe word ook daagliks ten diepste geraak terwyl hulle in die voorste linies in hospitale veg om uiters siek Covid-19-pasiënte se lewe te red.

Maroela Media het met ʼn paar gesondheidsorgwerkers gepraat oor hoe die pandemie hulle op ʼn persoonlike vlak raak:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.