Video: Shaleen Surtie-Richards se begrafnis regstreeks uitgesaai

Argieffoto van Shaleen Surtie-Richards (Foto: Verskaf)

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards se begrafnisdiens word Sondag om 14:30 regstreeks uitgesaai.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër ʼn versoek vir ʼn staatsbegrafnis vir die ontslape aktrise goedgekeur. Dié versoek is wyd ondersteun, ook deur Surtie-Richards se familie.

Surtie-Richards het Maandagoggend in die ouderdom van 66 gesterf. Sy was bekend vir haar vertolking van die rol van Nenna in die destydse M-Net-sepie Egoli en Fiela Komoetie in die oorspronklike rolprentweergawe van Fiela se kind.

Die diens word ook regstreeks op eNCA, DStv-kanaal 403, uitgesaai. Die diens begin om 14:30.

Die beeldmateriaal word beskikbaar gemaak deur Penny Lane Memorials.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.