Jordaan (26), ʼn kandidaat-prokureur by Kramer, Weihmann & Joubert, het aan Maroela Media gesê hulle is Maandag na die Stuck in the mud-veldbaan buite Bloemfontein. Volgens Jordaan het dit die vorge week tussen 50 en 75mm gereën.
“Ons het met my pêl Barend Wessels se Hilux gery en probeer om op sy kniebord te staan. Ons het dit gebruik as ʼn ski in die modder. Esmari Deysel, my meisie, het die bakkie bestuur en Surene Deysel het saamgekom met haar honde en in die modder baljaar.”
Jordaan het met ʼn GoPro-kamera die aksie afgeneem en ʼn video daarvan op Facebook en YouTube geplaas. “Dit was ʼn lekker ondervinding, want dit was ʼn eerste en iets heeltemal anders. As die son langer gehou het, het ons langer aangehou.”
Volgens Jordaan het hulle gedink aan die moontlikheid dat dit gevaarlik kan wees. “Ek het gedink as daar dalk ʼn klip onder die water lê en ons daarteen val, kan ons seerkry, maar ons het in elk geval volhard.”
Te lekker! Baie dankbaar vir die reën!
Ja dis wonderbaarlik as Vader vir reen voorsien, sal ons tog maar net alles insit om Hom Lief te mag he met alles i. ons ons alles vir Jesus te gyee om oor elke sonde te heers. Hy het ons gewys hoe deur te bid en heilg te lewe deur God se. H. Gees in ons te laat heers. Dan sal ons land volkome genees en ons ook. amen geniet die reen.
Ons is so bly vir hierdie Seeninge wat gebeur het en dank die Hemelse Vader dat hy gebede verhoor en verligting ge-gee het aan die mense, diere,plante asook asook die plaasboere wat dit so nodig het en mag jul net verder geseend wees.
Hoe ski die boere,staan staan so..staan staan so..staan staan so ☺ Welgedaan julle! Dit wil gedoen wees!Absolute Amen op daai wonderlike reen!Almal se gebede is verhoor,hoe amazing is dit net nie!Loof God daarvoor!