Families van verskeie mense wat in die Pretoria-Oos-begraafplaas te ruste gelê is, is woedend omdat van die gedenktuine wat hulle opgerig het, vernietig is deur nuwe kontrakteurs. Die metroraad het onderneem om ondersoek in te stel.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Hierdie is aspris gedoen…
Jy weet mos. Alles word deesdae met rede gedoen.
Dink net, andersom sou dit rassisme gewees het.
Dit is hartseer dat afgestorwenes dit nou moet vergeld. Die is ‘n opsetlike optrede van skade berokken en ‘n uitlokking van families se hartseer en woede. Stel ‘n eis in teen die stadsraad en kontakteurs vir grafskendings en beskadiging.
Hoe dom moet mens wees om te sien die grafte staan netjies in n ry en is behoorlik afgemerk ook? Kyk maar ook hoe die Helde akker in die stad lyk. Dis agteruit soos die toestand in die land.
Genade. Dit het so mooi gelyk. Hoekom alles vernietig! Soos wat dit nou lyk sal dit oor 20 jaar steeds lyk. Hulle gaan niks doen nie. Ek voel regtig so jammer vir die mense wat hulle geliefdes se grafte so moes sien. So jammer.
Daar is mos ‘n wet teen grafskending, dan nie? Ek sou dit verder voer want dit is ‘n skande dat só iets gebeur!
Ek en my vrou het verkies om veras te word. Dan kan niemand jou ewige rus skend nie.
So iets onstel my ongelooflik… wie gee hul die reg om so iets te doen… Ek het ook my Mammie se graf eendag besoek, en was so geskok om te sien, dat hul sommer met trekkers oor die grafte ry, beeste wei tussen die grafte en als word vertrap… Die mense wat veronderstel is om om te sien na die begrafplaas… warry net niks… die bossies grooi so hoog dat die grafte nie eers meer sigbaar is. En as jy dit raporteer”’ word net niks gedoen. Los die mense dat hul rus… Die laaste wat mens wil doen is om eer aan jou familie te betoon.. en jy doen als om die graf so mooi as moontlik te hou…dan kom mense so ongevoelig soos hierdie nuwe kontrakteurs en verwoes als… Is dit nie dalk Rasisties”’ Sterkte aan al die mense wie se geliefdes se grafte verwoes is.. mag dit gou herstel word.
Hoe erg moet jou haat nie wees, om selfs die dooies te laat boet nie?!? Die boodskap wat hier uitgestuur word is duidelik.
Die growwe nalaatige optredes ……………… is n GROOT skandaal vir ONS as burgers van SUID AFRIKA !
Daar word net geplunder en gebreek…….dit laat n suur smaak agter…….
Suid Afrika is te mooi en vooruitstrewend .Dit moet nou afgebreek word om by die res van Afrika in te pas.Ek het al opgemerk hoe netjies alle grafte is van blankes en portugese .Maar van ander kan nie dieselfde gese word nie
En monumente bly ook in die slag .Was geskok om te sien in watter toestand de la rey se standbeeld was in lichtenburg
Jy mag net op die kop ‘n graf steen plaas by Pta Oos Begraafplaas….Mense het nou weer oorboord gegaan en die reels verontagsaam…Ek het selfs familie lede wat daar begrawe is…Ons het by die reels gehou…so kan ander ook…reels bly reels…
Dit wil voorkom of van die mense wat grasrolle vir tuinuitleg orals in stede uit ou bakkies verkoop dalk ‘n hand in die gebeure het. Iemand moet bietjie uitvind waarheen die grasperke wat daar was, verdwyn het.