Vier vas vir ‘smokkel’ van groot hoeveelheid sigarette

Die polisie het op altesaam 4 040 pakkies sigarette van verskillende handelsmerkname beslag gelê (Foto: Verskaf)

Vier sigaretsmokkelaars, tussen 32 en 34 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem ná die polisie op drie voertuie met onwettige sigarette ter waarde van meer as R1 miljoen beslag gelê het. Dié vier het probeer om sigarette in die land te smokkel.

Die polisie het op altesaam 4 040 kartonne vol sigarette van verskillende handelsmerkname ter waarde van R1 070 193 beslag gelê.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die smokkelaars is by ʼn padblok

kade op die N1 tussen Beitbrug in Zimbabwe en Musina in Limpopo vasgetrek. Dit volg ná die polisie inligting bekom het van sigarette wat moontlik in die land gesmokkel word.

Die bokse en sakke vol sigarette waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

By die padblokkade het die polisie een van die twee voertuie, met twee smokkelaars, voorgekeer. Hulle het die voertuig ondersoek en pakkies sigarette in sakke gevind. Die twee is in hegtenis geneem.

Mojapelo sê die polisie het nog ʼn smokkelaar by ʼn nabygeleë winkelsentrum opgespoor. Hulle het hom betrap terwyl hy die sigarette in ʼn voertuig wou laai.

“Die verdagte het probeer vlug, maar is deur die polisie agternagesit en vinnig vasgetrek. Hulle het op die voertuig en die sigarette beslag gelê,” vertel Mojapelo.

Mojapelo sê inligting is ingewin dat die smokkelaars die onwettige sigarette na ʼn pakhuis in Musina geneem het. Met die polisie se aankoms by dié pakhuis het hulle op nog ʼn voertuig afgekom terwyl die vrag afgelaai is. Die polisie het ook bokse vol sigarette in kamers van die pakhuis aangetref.

Terwyl die polisie die bokse ondersoek het, het hulle die vierde verdagte vasgetrek wat tussen die bokse weggekruip het.

Al vier verdagtes is buitelandse burgers en gaan eersdaags in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

Nou kan ons direk by die polisie koop teen dertig rand n pakkie die land is siek verby.

PH ·

Wie in Zim het soveel kapitaal om R 1M se voorraad aan te koop vir smokkel.
Follow the money.

Frederik C ·

Jy verstaan die ding verkeerd. ‘n Suid Afrikaanse sigaretvervaardiger mag nie tans sigarette in SA verkoop nie, maar wel in buurlande. Hul neem so trokvragte sigarette landuit na bv Zim en kry daar smokkelaars om dit terug te smokkel.
Wys jou hoe stupid is ons regering, want hul verloor al die aksynsbelasting. Maar, dom mense weet nie dat hul dom is nie.

Niklaas ·

En hoe verlig en bly is die buitelandse burgers (sekerlik Zimbabwiërs) nou nie oor die lekker SA tronk woon tydperk nie. Sake in Zim is blykbaar chaoties en krities.

Eish ·

Ek het ook die indruk gekry dat die omkoopgeld nie genoeg was nie

Magda ·

En waar is die sigarette nou – seker by Kopdoek afgelaai.

Michael 1 ·

Die regering moedig die tipe ” misdaad ” aan met hulle ondeurdagte sigarette beleid.

Cindy ·

As daar 4040 pakkies was en die waarde is R1070193 dan kos ‘n pakkie R264.90? Is die getalle verkeerd of was dit kartonne sigarette en NIE pakkies nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Cindy

Dankie vir jou boodskap.
Ons vra om verskoning – dit moet inderdaad verwys na kartonne sigarette.
Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Tienie ·

Lorna ek stem. Soos bv om plaasmoordenaars te soek.

Maar hulle het nie sdie appels daarvoor nie.

Nienie ·

Terwyl ander misdade seevier in SA vang ons oulike SAPD sigaret smokkelaars…. Ons almal weet die SAPD is van die ouens wat die meeste sigarette op die swartmark verkoop!

Persheks Adri ·

Net ‘n vraag: hoekom word die ouens toe gesluit en moet aansoek doen vir borg en NDZ en haar kinders kom net mooi NIKS oor nie? O ja, dis oor sy nog miljarde rande wil maak AS die verbod eendag gelig gaan word!!! Wat goed is vir die een moet toe gepas word op die ander ook ongeag wie dit is!

Hercules ·

jammer die Polisie is nie so vinnig om plaas moordenaars te arresteer nie!!

oooooo, ek het vergeet, hulle is betrokke!!

Francois ·

Die vraag is hoe het dit die land ingekom. Begin ondersoek doen by die korrupte polisiemanne by die grensposte

Simon ·

Follow the money trail. Hoe moeilik kan dit wees? Die sigarette kom nie nou eers oor die land se grense nie. Dit is alreeds hier, maar daardie depots word deur die regerings (antie Zuma) beskerm. Sy en almal in die ry af is medepligtig en moet gearresteer word. Terloops dan ook die wat by landsgrense/doeanes toelaat dat sigarette die land binnekom. Dit is baie duidelik die regering doen nie sy werk nie en of laat toe dat sigarret smokkel onder hulle ooreengekome voorwaardes mag plaasvind.

capie ·

4 040 pakkies sigarette. Dit maar al. Dit is die puntjie van die ysberg. Net mense wat nie die omkoop geld betaal het nie en toe weggegee is om die polisie kamtig mooi te laat lyk.

Hennie ·

Wow, ek voel nou sommer baie meer veilig nou dat hierdie verskriklike kriminele gevang is. Dit maak seker die polisie baie trots om hierdie hoë proefiel misdaad so effektief te bekamp.

JohanR ·

Was twee van die vier sigaretsmokkelaars se name Edward Zuma en Duduzane Zuma?

Persheks Adri ·

Iemand doen dit mos namens hulle Johan. Ons sal tog te bly wees as NDZ en haar kinders agter tralies sit!!!

Vanessa ·

O liewe hemel, waar was ek toe hulle hulle gevang het. Ek sou wat wou gee vir so ‘n ou pakkie sigarette. Bepaal julle by die siekte en los ons rokers in vrede. Daar is baie erger goed om aan aandag te gee.

JohanR ·

Ja Vanessa. Daar is transito roof, en nou gaan daar sigaret transito rowers kom, want daar is meer geld in daai wa as die geld wat moet ATM’s toe gaan. 4000 pakkies wat oor die R1 000 000 werd is.

Eerlik ·

As ek die SAPD is sal ek voortaan eerder die “reaksie op n wenk” informasie vir myself hou. Dit is net elke keer n bewys van hoe onbekwaam ons sapd/weermag en grens magte is. Jammer dat die twakkies gekonfiskeer is!

Hekwag ·

Los die outjies onder, man. Soek die groot baas bo… o, wag, ons weet wie dit is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.