Vishoekstrand weer oop vir swemmers

Vishoek-strand. (Foto: Facebook / Fish Hoek Beach)

Die hoofstrand op Vishoek in die Wes-Kaap is weer vir die publiek oopgestel nadat ’n rioollekkasie die stad Sondag genoop het om die strand as ’n voorsorgmaatreël te sluit.

Die Stad Kaapstad se omgewingsgesondheidsdiens het sedertdien die resultate van die watermonsters ontvang wat ná die rioollekkasie geneem en getoets is en kan nou bevestig dat die watergehalte aan die minimumvereiste voldoen vir ontspanningsaktiwiteite om voort te gaan.

“Vishoekstrand is heropen en die gesondheidswaarskuwingsborde is verwyder. Die Stad [Kaapstad] bedank die publiek vir hul samewerking gedurende hierdie tyd.”

Dit is steeds nie duidelik wat die rioolstorting veroorsaak het nie. Spanne van die Kaapstadse munisipaliteit is wel die naweek in die gebied ontplooi om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.