Vrae oor miljoene aan Kuba

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die Demokratiese Alliansie meen miljoene wat aan Kuba geleen word, kon eerder vir die voedselkrisis in Suid-Afrika aangewend word.

“Terwyl talle Suid-Afrikaners honger ly, het die regering ʼn lening van R63 miljoen in die vorige finansiële jaar aan Kuba verleng. Meer verdoemend is dat die regering steeds in ʼn hofsaak gewikkel is oor ʼn hofsaak verlede jaar om ʼn skenking van R50 miljoen aan Kuba te verleng,” sê DA-LP Willem Faber, lid van die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking.

Dit is onthul deur minister Naledi Pandor in die 2021/2022- jaarverslag vir die Afrika-Renaissance en Internasionale Samewerkingsfonds.

“Alhoewel Pandor verduidelik die R63 miljoen ‘pakket vir ekonomiese bystand’ is ʼn lening, negeer dit nie die feit dat die regering steeds bereidwillig is en gereed bly om multimiljoen rand se bydraes aan Kuba te maak nie. Die ANC-regering hou vol dat Kuba se finansiële probleme die rede is waarom geld weggegee word wat ons nie het nie.”

Faber sê vir ʼn departement wat onlangs ʼn dokument oor nasionale belang vrygestel het, gebaseer op die behoeftes van die mense, is dit onverstaanbaar dat hy meer besorg is oor die ekonomiese welstand van Kuba terwyl daar miljoene Suid-Afrikaners is wat sukkel om kos op hul tafel te sit.

Die DA het bykomende parlementêre vrae aan die departement gerig om te bepaal of daar enige verdere finansiële oordragte is wat die regering van voornemens is om aan Kuba te skenk en wat presies die bedrae is. “As dit ʼn lening is soos wat minister Pandor aanvoer, daag ons haar om die volledige besonderhede van die terugbetalingsplan bekend te maak, asook die voorwaardes van die lening – in die belang van deursigtigheid. Dit is ook nog nie bekend hoeveel Kuba die land skuld vir vorige lenings nie.”

Faber sê die minister word ook versoek om te onthul watter toerusting Kuba aangekoop het, omdat sy aangedui het dat die lening gebruik is om toerusting by Suid-Afrika aan te koop. “Ons glo die geld kon beter aangewend word om die koskrisis in Suid-Afrika te takel. Die tyd het aangebreek dat die parlement ernstig besin oor die motivering vir die Afrika-renaissance en Internasionale Samewerkingsfonds wanneer die regering se belange so ver verwyderd is van die behoeftes van sy eie mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Payback time, hul skuld Kuba wat hul geakkomodeer het, betaal is die wet van Transvaal, al is hul bankrot.

Jacobus ·

Ons ministers leef so hoog en weg van die bevolking, dat hulle nie van hulle probleme weet nie, òf beter hulle gee nie om. Die bevolking moet die ministers net in hul magsposisie instem, dan maak dit nie meer saak dat die bevolking ly nie.

Lourens ·

R50m skenking verleng ? Moes dit nie dalk “verleen” wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.