Vrystater al dae lank vermis

David Bernardus Enslin (Foto verskaf deur SAPD Vrystaat)

David Bernardus Enslin (63) van Merriespruit in die Vrystaat word al sedert Donderdag (11 Mei) vermis.

Kapt. Stephen Thakeng sê Enslin se suster het hom by die Virginia-polisiestasie as vermis aangemeld. Hy is dorp toe en het nooit teruggekeer huis toe nie.

Hy antwoord ook nie sy selfoon nie.

“Die suster het gesê hulle bly saam en dat hy nooit lank van die huis af wegbly nie.”

Die polisie het ook met sy vriende kontak gemaak, maar dit was tevergeefs.

Indien enigiemand enige inligting het oor waar Enslin hom bevind, word hulle versoek om ao. Jaco van Rensburg van Virginia-speurdienste te kontak by 082 301 3062 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.