Vyf onwettige myners vas in Limpopo

Die polisie het beslag gelê op chroom en ‘n verskeidenheid van graafgereedskap (Foto: Verskaf)

Vyf vermeende onwettige mynwerkers is Maandagaand in die Burgersfort-omgewing in Limpopo in hegtenis geneem vir die besit van chroom.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê lede van die gemeenskap het die polisie verwittig dat chroom onwettig by ʼn myn in die Mecklenburg-polisiëringsgebied gedelf word.

Met die polisie se aankoms by die myn is vyf verdagtes tussen 38 en 58 jaar oud daar gevind en dadelik in hegtenis geneem. Hulle was in besit van chroom wat op ʼn Toyota Hilux-bakkie gelaai is, asook ʼn verskeidenheid graafgereedskap.

Die vyf verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Mecklenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige mynbou en die besit van vermoedelik gesteelde chroom.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die lede van die polisie geloof vir hul toewyding om onwettige mynbedrywighede oor die hele provinsie te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.