‘Wit mense moet wegbly by byeenkoms oor grond’

Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF). Foto: Jonisayi Maromo / ANA

Andile Mngxitama, die president van Black First Land First (BLF), het Dinsdag gesê wit mense moet wegbly van die byeenkoms oor grondonteiening wat sy beweging die komende naweek sal hou omdat hy nie hul “veiligheid kan waarborg nie”.

Die BLF sal Saterdag ʼn nasionale grond-imbizo oor grondonteiening en grondherverdeling in Soweto hou en sê daar sal gesprekke gevoer word tussen onteiendes oor hoe grond aan hulle teruggegee kan word. Mngxitama het gesê alle grond wat aan wit Suid-Afrikaners behoort, is bekom deur koloniale diefstal en dit is die oorsaak van die meeste onenigheid wat swart mense ervaar.

“Wit mense moenie [na die imbizo] kom nie, tensy hulle kom om ons grond terug te gee. Ons is baie kwaad. Ons kan nie hul veiligheid waarborg nie,” het Mngxitama gesê. Hy het gepraat by ʼn mediakonferensie in Johannesburg waar hy gesê het alle swart mense van politieke partye, organisasies en bewegings is welkom om die nasionale dialoog oor grond by te woon.

Mngxitama beweer slegs 8% van die land se grond is teruggekoop vir die inheemse mense wie se grond onteien is, terwyl net 35 000 wit families 80% van die land se grond besit. Hy het gesê die Grondwet maak nie voorsiening daarvoor dat grond aan die “regmatige eienaars” teruggegee word nie en daarom moet die Grondwet verander word.

Mngxitama het ook gesê teen die huidige pas van grondherverdeling sal dit die regering meer as 100 jaar neem om 30% van die grond terug te koop. “BLF wil weereens beklemtoon dat die kwessie van grond groter is as enige enkele politieke party. Die terugbesorging van grond aan sy regmatige eienaars vereis dat die samelewing in harmonie moet reageer. Dit is daarom dat die nasionale grond-imbizo gehou word,” het hy gesê.

Hy het gesê by die imbizo sal die stemme gehoor word van mense wat nie grondeienaars is nie, maar slagoffers van rassisme, onder meer plaaswerkers, tradisionele leiers en genesers, grondeisers, plakkershut-inwoners en zama zamas. Hy het gesê die imbizo is ʼn forum waar swart mense ʼn multiledige plan van aksie kan bespreek en beplan om grond terug te neem.

“Ons soek nie woorde nie, ons soek aksie. Die hoofdoel van die grond-imbizo is om die grond terug te gee aan swart mense sodat ons vry kan wees,” het Mngxitama gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

TDW ·

Ek verbrand alles waarvoor ek so hard gewerk het voordat ek dit net vir hulle gee! Ek kan oor begin, maar hulle kan nie.

francine ·

Dit is by tyd dat regveedigheid geskied.In die verlede het n Boer op sy perd geklim en waar die perd doodval was die grond toegeken aan die plaasboer teen die huur vir 99jaar,teen n Apple en n hi,hoekom kan ons mense van kleur wat regmatige eienaars is dieselfde doen nie,dit sal net meer as regverdig wees

Leeutjie ·

Ja Francine…. en as hul die grond vat?? Wat doen hulle daarmee??? Ploeg en plant hulle?? Het jy gelees oor die melkplaas wat die regering gevat het? Daar is niks oor nie!!! I rest my case!

Robert ·

Só leef die leuwns voort! My seuntjie in gr 4 weet dat die Xoisan na alle waarskynlik eerste hier was en dat grond ondermeer dmv onderhandeling, ruilooreenkomste en beskerming aan swart stamme, verkry is. Sterkte vir al die regdenkende mense van hierdie land.

Eish ·

Met wie is in die Vrystaat onderhandel want dis tradisie van Mosheshwe se tyd af dat grond nooit verkoop word nie maar dat n mens slegs verblyfreg toegeken word. Geskiedenis het ook maar 3 kante, jou kant, die ander ou se kant en die regte kant. Selfs al is met die Khoisan onderhandel deur diegene wat van die Noorde afgekom het, die menigte veldslae tussen ons voorvaders en die inheemse bevolkings op daardie stadium gevoer in die 1800’s spreek duidelik van n onwillige verkoper, gretige koper. Net soos hul ook onder mekaar oorlog gemaak het,het die Europèers soos Napoleon ens mekaar ook goed geroer. Ons praat nie eens van die twee wereldoorloe nie! Ook nie van die godsdiens vervolging nie.
Dis uitsluitlik tegnologie (lees vuurwapens) wat die Engelse en immigrante die oorhand verseker het. Dit is hoekom Lesotho steeds n onafhanklike land is, Mosheshwe was n meeesterlike taktikus en het self gewere gehad en kon dus behoorlik weerstand gebied. Louw Wepener sal jou mooi kan vertel hoe die Basotho hom op Thaba Boshiu geklits het. Ons Vrystaters sal met die grondgryp darem hopelik weer deel word van Lesotho en so verlos word van die kleptokrate wat tans regeer.

Nettie ·

@Francine – ek weet nie van enige vertelling in die geskiedenis-anale van SA, waar ‘n Boer sy perd gery het tot die perd dood neerslaan en só sy grond afgepen het nie. As dit is hoe jy reken – dat alle swartmense geregtig is op grond op hierdie manier, gaan ek teruggaan op bewyse dat my oupagrootjie ‘n plasie besit het daar waar die huidige Dysselsdorp (in die Klein Karoo) is, wat in ’48 onder sy agterent uitverkoop is en hy minimal voor vergoed is – en ek gaan eis dat daai grond aan my teruggegee word. Daar is ‘n rede hoekom daar net 6% swart boere in SA is – gaan kyk maar die beriggewing oor die (eens) florerende melk- en beesplase daar in Noord-Wes, wat deur die regering uitgekoop is en hoe dit na 6 jaar daar lyk: huise wat verwoes is, tuine wat woesterny geword het, landerye wat beroof is van pypleidings en ander toerusting, eens-produktiewe melkerye wat nou leë doppe is. Dit bewys een iets: die anderskleuriges kan/wil van niks ‘n sukses maak nie. En hierdie ou kapoeftertjie – Andile Mngxitama – ek wonder of hy ooit in SA gebore is en of hy nie ook een van die inkomelinge oor die grens is nie.

Nettie ·

Nee, Robert, julle het dit verkeerd. Die Goringhaiquas, Khoi, San, die Khoisan en die Namas was eerste in die Kaap, waar Jan van Riebeeck aan land gekom het. Die res het ná die tyd Suide toe getrek – die Tswanas, Basoeto’s, MPondo’s en Zulu’s het later suidwaarts beweeg en dit is na die Mfecane wat hulle die Kaapse gebiede inbeweeg het. So as daar mense is wat REGTIG kan aandring daarop dat hul grond moet kry, is dit die Goringhaiquas, die San/Khoi/Khoisan, want grond is regtig van hulle – met die nedersetting se ontwikkeling, afgeneem. Die res van die grond is gekoop – dikwels met baie bloed.

Willie E ·

Ek kannie glo dat ‘n mens so onnosel kan wees nie….DOM is nie die woord nie….

Adam ·

Willie, jy is 100% korrek. Die staat besit enorme stukke grond en kan derduisende mense daarop vestig. Die nuwe elite is ook groot grondbesitters. Boonop is die teruggegewe grond bloot onkruid “fabrieke” wat geokkupeer word deur “wettige plakkers” Die regering kan gerus sy grond gebruik om swart boere te vestig, iets wat nodig is vir voedselsekerheid. Hoe op aarde die grond van ekonomie suksesvolle kommersiele boer geteiken word, gaan die verstand te bowe. Die tipe onsinnige uitsprake motiveer juis suksesvolle boere om uit die bedryf te tree, iets wat SA onder geen omstandighede kan bekostig nie.

Amanda ·

Wil graag weet wat hulle met die grond gaan doen waaroor almal so n groot bohaai maak. Kan nie eers iets plant nie. Jy baklei en as jy dit het, weet jy nie wat om daarmee te doen nie. So belaglik!!!

Siestog ·

Is dit nie haatspraak nie? Die eentonige deuntjie maak my siek. Bewys ons het die land gesteel. Daar is ‘n R100 000 op spel, nie te versmaai.

Jan Gunter ·

Lynn Brown om jou te antwoord: Na die vrede van Vereeniging het ñ joiner vir Kitchener gevra: “Wat nou van ons” Sy antwoord was: “As jy klaar wasgoed gewas het gooi jy die vuil water weg”

Nettie ·

Lynn Brown – ek sal maar versigtig wees – netnou dink hulle jy is Lynne Brown en kom hulle jou by!

Jordaan ·

Dan is ek nie ‘n baie goeie dief nie, want ek betaal nou al 20 jaar lank aan my gesteelde grond.

Frik ·

Kla hom aan by die Menseregtekomissie asb. Ek maak beswaar dat n veldtog teen wittes gevoer word en dat die persoon nie eers die geskeidenis van die land ken nie. Wanneer n mens te sleg of onnosel is om iets te bereik dan soek jy fout met alles en wil net hê

Etienne ·

Dit. Of die Guptas betaal hom en sy maatjies om anergie te veroorsaak.

Andre ·

Hierdie is nou die ideale geleentheid vir die libtards/verligtes en “andersdenkendes” om die byeenkoms by te woon en hul grond/huise te skenk aan die mense wie so kwaad is. Nou is julle kans om polities korrek te wees, komaan wys ons nou! Put your money where your mouth is, laat ons sien!111

Anoniem ·

Wel Mnr Mngxitama, ek kan ook nie jou veiligheid waarborg indien jy my grond waarvoor ek gewerk en betaal het, wil probeer afneem nie.

JC ·

Pragtig gestel Capie, Afriforum het reeds in die verband plan gemaak vir die beskerming van lewe en eiendom, al is dit met regmatige geweld!

isak ·

en so het dieselfde in zimbabwe gebeur en kyk waar het hulle op geland. ek is nie n grond eienaar nie en kan nie grond verloor nie. maar in die selfde asem staan ek by elke een wat hierdeur bedreig word. met woord en daad

al ·

Het hy meer as 300 jaar terug gelewe om ons van koloniale diefstal te beskuldig?
Die swartes wat grond in die Weste en Europa besit, word hul ook as indringers beskou?
Hoeveel grond besit die regering?

JC ·

Afrikaners is nie kolonialiste, maar inheems. Gaan kyk na die definisie van kolonialisme. ” Die beheer oor, of beherende invloed, oor ‘n NASIE/VOLK van ‘N ONAFHANKLIKE LAND OF SY MENSE, DEUR ‘N VREEMDE OF OORSESE MOONDHEID. Toe ons Afrikaners geword het, was hier GEEN onafhanklike land of mense met ‘n self toege-eiende grondgebied nie, maar semi nomadiese suidtrekkende migrante wat geen idee van toe-eiening van grond of nasieskap gehad het nie. Vir hulle was SA slegs ‘n gebied waardeer hulle getrek het vanaf die Groot Mere area(Noord en Noord-Oos Afrika) en niks meer nie, en het hulle later SETLAARS geword nie ons nie. Ons land was bar. Hulle kan nie slegs beweer hulle is inheems omdat hulle swart is nie, en kan hulle nog minder ons inheemsheid ontken.
Brittanje het wel die twee Boererepublieke en Suid-Afrika gekolonialiseer en het kolonies in die Kaap en Natal gehad. Ons Afrikaners het ons eie legitieme en onafhanklike republieke gehad. Ons het HIER in ONS vaderland geword wat ons is. Hulle weet nog steeds nie wat hulle is nie en swerf nog altyd eintlik rond. Wat nog meer is, tydens die vormingsjare van Suid-Afrika het verwante stamme en mense van ons buurlande(wat hul dus gun inheems maak, maar indringers!!) INGESTROOM in hul duisende Suid-Afrika in. So, hulle is “inheems”, ne?

Johan. H. ·

Kom alleen ,Hieena mentaliteit,,,Sorrie Sien agter sy geborgde t hempie Land or Death.. . Ja dit kan ook seker gereel word, dom,,,

geldpraat ·

as hy nie kan if wil koop nie, gee hom n nat lottokaartjie om die tweede deel van sy eie slagspreek waar te maak.

dinadot ·

gee die man sy hartewens. vir hom en almal wat soos hy dink. hulle wil duidelik die land wat hulle van die San gesteel het en toe verkoop/verruil het nie terug koop nie, so wat bly (volgens sy t-hemp) oor? go for it.

rafel ·

Ja ek verneem BFLF word deur die guptas befonds…maak sin ne….staan sterk mense…dit raak al hoe erger

Hanna ·

Kom ek raai: die grond wat hier ter sprake is, is tans produktiewe grond. Daar waar geboer en besighede bedryf word. Nie die oop stukke, tans nie-produktiewe grond nie. En wat gaan julle met die grond maak? Ag, behoede ons! Julle is n bleddie grap.

Justice ·

Hanna jy is 100% in die kol – ons het hier tedoen met `n parasietmentaliteit.

Helizna ·

Hanna, as ‘n mens hulle dit vra sê hulle dis nie ons saak wat hulle daarmee maak nie, hulle wil dit net hê, soos kinders wat ‘n speelding soek en dit dan weggooi as hulle dit gegryp het…

Martin ·

Jy het dit nou baie mooi gesê die anc doen nie hulle werk nie dit sal 100 jaar vat teen die tempo wat die anc werk. Die plase wat klaar trug gekoop is is nog nie vir die swart mense gegee nie. Hoekom?

JC ·

Martin, die RAPPORT berig Sondag die regering SIT OP 4000 plase!!!!!!!
Hier is iets nie lekker nie en dit ruik na opstokery en kwaadstokery.

M'Lady ·

Mnr Mngxitama, ek wil net weet as julle nou al die grond het, wat gaan julle daarmee maak?

Charmaine Coetzee ·

Wat verstaan die mense nie as dit nie vir die wit boere is nie eet hulle glad nie in in hierdie land ons besit ook n klein plasie ek sal tot my laaste asem baklei vir dit waarvoor ons gewerk het het ek sal al my bullterriers los laat en my eiendom en besittings met my lewe beskerm

Charmaine Coetzee ·

Mey bloedsweet het ons gewerk on ons plekkie te kry wasr hy vandag is en nou wil hulle dit verniet he nie maklik nie

·

Hoekom word daar oor hulle nuus geskryf? Hulle is niks. Hul steel ANC en EFF idees. Hul kan nie eens self dink. Land or death? Nie mooi gedink nie. Tweede in bevel is nie eens swart nie. Ek wonder weet hy dit. Gooi geld tussen hul leiers en kyk dan hoe veraai hul mekaar. As dit nie vir die media was nie, was daar nie ñ BFLF.

Veritas ·

As die mannetjie se woorde nie grens aan haatspraak nie, dan weet ek darem nie. Een ding staan soos ‘n paal bo water en dit is dat Suid Afrika hierdeur, na ‘n burgeroorlog gestuur word. Geeneen gaan grond wat hy of sy wettig gekoop het, net so aan die wettelose, moorddadige massas oorhandig nie. Die regerende party se gesloer met die grondeise, is maar net ‘n bewys daarvan dat hulle dié burgeroorlog, nie net goedkeur nie, maar in werklikheid die argitekte daaragter is. Blankes moet hulself maar regmaak om oorlog te voer teen die moordbendes wat alreeds teen die boere oorlog maak. Die volgende stap in dié offensief sal stads- en dorpsbewoners insluit. Die hele ding gaan nie oor grondbesit nie maar die uitwissing van die blanke ras in Suid-Afrika.

Boerseun ·

Jy praat die waarheid! Moenie my verantwoordelik hou vir die onderhoud van 50 miljoen verstes nie. Charity begins at home. Die blanke het himself oor dekades finansieel uitgeput ten einde te poog om die 50 miljoen verstes te subsidieer. Nie langer nie! Robert van Tonder het tereg gese dat ons Boere die rykste volk ter wereld sal wees indien ons belastinggeld vir ons self aangewend sou word, en nie soos tans in ‘n bodemlose put om ander volke mee te subsideer nie. Buitendien word ons belastinggeld ook nog deur die ANC-regime teen ons aangewend om ons mee te onderdruk. 4 Miljoen kan nie 50 miljoen onderhou nie! Dis hoekom ons weer selfregering in ‘n eie vaderland moet verkry – dan kan ons bou vir onsself!

Elna ·

Wys my EEN van die 35000 grondeienaars wat nie kaart en transport van sy grond kan wys nie, dan kan jy maar jou patetiese veldtog voortsit. Gaan doen eers jou huiswerk, opsweër!

E.K. (vra net) ·

Vraag: Wie het OORSPRONLIK die land aan die swartes gegee? Die grond was net hier en niemand van hulle het dit by iemand gekoop of gekry nie. Dink mooi en verduidelik. Swartes het van midde-Afrika afgedwaal en hierheen gekom; die enigstes wat ooit hier oorspronklik gewoon het was die San. En selfs hulle was nie oral nie. Bewys dmv wettige dokumentasie dat jul voorouers hierdie grond “besit” het, hoe die transaksie verloop het ens. Bewys dat jou voorouers – jul heel agter voorouers wel hier spesifiek gebore was.

Eish ·

Gedurende die tyd wat jy van praat, was die mense hier analfabete. So, n stel gekodifiseerde wette het nie bestaan nie. Twiste is besleg deur beraadslaging of oorlog. Soos die Europèers, ons voorgeslagte ook gedoen het. Met ons voorvaders se koms, eers om n halfwegstasie te stig vir skepe wat om die Kaap vaar. Oupa Jan het daardie tyd skape geruil vir krale en spieeltjies. Later, het die Europèers deurgeloop onder godsdiensvervolging, toe wyk nog n klomp hierheen. So het dit aangegaan tot Brittanje die plek kom annekseer het. Ons oupas raak toe gatvol vir die oorheersing, want die pommies begin toe tolgeld vra. Toe wyk die manne binneland toe, Bybel, geweer die toetie op pie ossewa. Hul wou plase he, maar die plaaslike bevolkings wou nie grond afstaan nie. Dit is duidelik uit die vele veldslae met die plaaslike bevolkings. Geweer het geseevier oor knopkierie en assegaai. Daar was gewillige koper, maar onwillige verkoper. Dis hoekom daar nie kaart en transport van oorspronklike eienaars is nie. Hul het verkoop onder dwang. Mosheshwe het gese toe die boere in die Vrystaat kla oor veestropery, moenie kla oor die vlooie op n gesteelde kombers nie. Lees gerus ook die geskiedenis soos geboekstaaf deur sendelinge soos Cassalis en Arbousset.

Drikus ·

E.K. maak ‘n geldige punt hierbo. Opgrawings by plekke soos die Wieg van die Mensdom (Sterkfonteingrotte) en Blombos dui volgens gepubliseerde navorsing daarop dat die mensdom vanuit S.A. na Noord-Afrika & Europa, en later weer terug na S.A. migreer het. Van watter datumlyn wil ons dan nou grondbesit terugdateer? Waarom kry die punt nie die lugtyd wat dit toekom nie? Of pas dit die rewolusionêres om te wil afneem wat ander opgebou het? Grond is nie kos nie. Ook nie geld nie. Dit is wat jy daarmee doen wat tel. Wil jy baklei oor grond, of wil jy saamwoon en saamwerk tot voordeel van die hele land en sy mense?

Boerseun ·

@Eish: Nie heeltemaal waar nie. Retief en ander Boere het miljoene hektaar grond van die Zoeloes en Swazies gekoop – met tractate om die koop te bevestig. Sonder enige dwang! Natuurlik is miljoene hektaar lee grond ook beset in die OVS en Transvaal, want kort vantevore het die swart stamme miljoene van mekaar uitgemoor. Die oorlewendes het in grotte en berge geskuil en mekaar opgevreet om te oorleef. Die Trekboere het beskerming gebring vir hierdie handjievol oorlewendes. Natuurlik is grond ook in stryd afgeneem van vyandige swart volke wat die Trekboere sonder rede aangeval en uitgemoor het. White lives matter!

SO ·

Dis mos haatspraak wat gerus ondersoek kan word deur die MRK en geregsdienaars. Dit ook rasistiese rasse haat wat aan geblaas word. Miljoene faan sterf van hongersnood in hierdie einste R.S.A.

Scalla ·

Kla hom aan van haatspraak, hy verwys na ons grond, hoeveel onse het hy in sy pond.

Hoe dan nou? ·

Volgens Mngxitama is die grond in besit van 35000 blankes. Het die slimkop dalk somme gemaak oor hoeveel grond elke swart mens gaan kry as hulle dit moet opverdeel? Na my skatting sal dit nie veel wees nie. Meskien kan elkeen 6 mielies plant en 2 hoenders aanhou op die stukkie grond…. Kyk hoe mooi het die idee gewerk in Zimbabwe.

Ystervuis ·

So dikwels hoor ons dat die blankes nie kan saamstaan nie. Met die 1992 referendum is daar met ‘n 68.73% meerderheid van blanke stemme besluit om voort te gaan met die onderhandelinge wat uitgeloop het op ons huidige politieke bestel. As dit nie saamstaan is nie wat is dan?

JC ·

Saamstaan vir die verkeerde redes, het ons nou (indien nog nie, leef jy in la-la land) tot ons uiterste spyt ontdek ja.

Frans C ·

Statistieke bly maar altyd oop vir vertolking.Wat rofweg gebeur het is min of meer soos volg.
50% van die wat stemgeregtig was het ‘Ja’ gestem ,25% het ‘Nee’ gestem en 25 % het buite stemming gebly, om een of ander rede.

Dit is dus die wegblystem wat die ‘Ja’ stem so oorweldigend laat lyk het.Toe ek destyds ‘n brief oor dit aan Rapport gestuur het, wou die koerant dit nie plaas nie ,want dit sou dan ‘n demper op hul vorige voorblad berig geplaas het.

Soos dit maar in ‘n demokrasie gaan, as jy nie stem nie, moet jy maar berus in dit wat die meerderheidstem besluit het wat reg is.Vreemd genoeg het min kiesers presies voorsien wat die uiteinde van dit ( Ja stem) sou wees,want so is verkondig, wat in ons buurlande gebeur, veral tov grond sal nooit hier gebeur nie,daarvoor sou die grondwet sorg.

wicus ·

HULLE WIL ALLES MET GEWELD PROBEER HERSTEL , HOOP OOM CYRIL RUK HULLE REG

Penellope Jones ·

Hoekom word dit toegelaat dat hierdie man aanhoudend dreigemente maak?

JC ·

Wil ek ook weet Penellope, want een of ander tyd loop praat oor in doen(of ‘n poging daartoe).
Waarom kan Afriforum/Sake nie ook ‘n interdik teen die affere bekom soos teen Malema nie, wat nou tjoepstil is(meestal)??

Ai ·

Ja kyk die waarheid maak lankal al nie meer saak nie. Op die stadium dink ek die storie gaan nie einde kry tot hulle nou al die plaas grond het nie. Ons weet dat dit vir ons almal hongersnood gaan bring maar hulle gaan elke boer uitmoor tot hulle hul sin kry. Hierdie storie gaan baie dieper as net hulle wat kwansuis grond wil he. Kyk maar wat in Suid Amerika gebeur het. Die Boere was geforseer om Monsanto te plant of hulle plase te verkoop. Die wat nie wou nie is uitgemoor. Nou is al wat n plaas is net Soya boerderye waar voorheen was daar met verskeie goed geboer. Dit was op RT nuus kanaal. Partykeer wonder ek of hier nie dieselfde ding aan die gang is nie of dalk wil sekere Oosterse lande grond he…. Soos met Zim.

Dis nou net bespiegeling ek het geen idee nie maar ons Boere word vermoor en die boodskap is duidelik.

JC ·

So, dan moet ons voorbereid wees daarop en dienooreenkomstig optree.

Ilze ·

Dwase hulle het geen benul waarvan hulle praat nie. Laat hulle kom ek sal seker maak dat daar niks op ons grond oor sal wees vir hulle om in te lewe of verder mee te kan boer nie. Hulle sal maar van onder af begin soos ons moes dis te se as hulle kan !

Johann Marx ·

Dit wil nou lyk of dit wat FW in 1990 wou “voorkom” nie eintlik voorkom is nie….maar net uitgestel….??

john samuel ·

Yaaaawwwwnnnnn Andile, yaaawnnn.. Daar is n ou gesegde wat lui “if you repeat the lie often enough it becomes the truth”… en so kry “ons” steun…..

Willie ·

Mense ek dink dis tyd dat die wit mense beursies moet toe knyp, en na ons eie kyk.. “Charity starts at home”.. Wittes is goed genoeg om te gee, gemeenskaps projekte te doen, maar is die ewil in die land!

Piet Pompies ·

Jammer vir jou, ek is hier om te bly, ek is hier gebore, so ook my ouers en so ook hulle ouers.
Jou geblaf is soos ‘n bang skoot hondjie wat teen die heining draad op en af hardloop, maar as die hek oopgemaak word en die groot hond kom in dan is dit met spoed na mamma se skoot.

PvZ ·

Hulle is almal ‘n klomp lafaards. Hulle bly dreig. Of dit nou Zuma, Andile of Julius is. Dreig, dreig dreig. Word ‘n Boer doodgemaak, dan is dit misdaad. Dan dreig hulle weer, en nog ‘n Boer sterf wreed. Ek sal nou graag by al die slim mense wil hoor. Al die dr.’s en proffies wat weet van die dinge van die lewe. Wanneer voldoen hulle dreigemente aan ‘n oorlogsverklaring. M.a.w, wanneer is dit wat hulle sê, skryf en doen, genoegsaam sodat ons dit kan aanvaar as ‘n oorlogsverklaring sodat ons dan binne internationale wette kan optree teen hulle?

JC ·

Baie goeie vraag PvZ.
Ek dink ons land verkeer reeds in ‘n semi oorlogstoestand.
Daarom is paraatheid die wagwoord.

Stapies ·

Gaan doen julle self n guns en lees die volgende artiekel. http://www.ditsem.net/index.php/sektore/grond/item/431-die-waarheid-omtrent-die-groot-leuen. Met die aankoms van die eerste Europeers 1652 aan die suidpunt van Afrika het nog geen van die inheemse mense van Afrika geweet van die wiel nie, hulle het ook nie beskik oor enige geskrewe taal nie en kon ook nie n struktuur meer as n enkelverdieping bou nie. Die “boer” het ontstaan onder in Suid Afrika met sy eie unike taal, Suid Afrika opgebou uit niks met geboue, paaie water toevoer en elektrieseteit. Self na die boereoorlog het ons nie bakhand gestaan vir wat ons verloor het nie of vir regstellende aksie gevra nie. Ons het nie gesteel of gemoor om te kry wat ons verloor het nie. Die boer het met harde werk alles as volk herbou vir almal (Swart en Wit). Die boer het Afrikaans as n wereld taal ontwikkel en Suid Afrika op die kaart gesit. HF Verwoerd het mense van kleur en swart hulle eie grondgebied, eie regeringstrukture kompleet met infrastruktuur gegee gelyk met die van die afrikaner. Dis waar Transkei, Ciskei, Bophuthatswana en Venda ontstaan het. Ons as Afrikaner volk is besig om alles te verloor waarvoor ons baie hard gewerk het en baie trots op was. Ons taal, geloof en grond word van ons ontneem/gesteel. Ons mense word gemoor- Ons word uit ons land gedryf.

JC ·

Dankie Stapies!! Kan nie glo ek het nie geweet van die webtuiste nie:)

Vryheid ·

Dink die rasbehepte hoender ons is nou bang as hulle kwaad is. Dink hy vir een oomblik ons gaan terugstaan en toekyk hoe hulle ons grond probeer vat waarvoor ons betaal het?……. droom weer my maaitjie.

Nita ·

So het dit in die res van Afrika gegaan. Kolonialiste het die grond getem om plase aan te le. As alles pragtig is en die oeste rol in, dan wil die oningeligtes dit kom vat. Hulle is te sleg om dan onderhoudend verder daarop te boer. En o wee moet tog nie vir hulle n ongerepte stuk plaasgrond gee om van voor af n plaas te stig nie! Gans te onbevoeg. Here help ons! Die land word oor die afgrond gestuur.

Swannie ·

Nita, hulle wil NIE boer nie !!

Hulle stel net belang om alle gereedskap ens te verkwansel. En as dit klaar is, word die woonhuis stuk vir stuk afgebreek om alle pype, krane, wasbakke ens ook te verkoop.

Spdra alles vernietig is, word die eens spogplaas omskep in `n plakkerskamp.

Dan word gekla dat die regering hulle nie wou help nie.

Rynhardt ·

In verlede het ek vir Maroela uitgespel dat Anc alle blankes se grond wil he.Daaron breinspoel Anc-leiers hyl ondersteuners met die stellings van breinspoeling:”Die wittes het jul grond gesteel.”Dit is absolute twak! Selfs Rapport wat glo daar is n goeie Anc het Sondag in Rapport die volgende erken:”Regering sit met n klomp grond!”Dit wys die Anc leef Vryheidsmanifes uit wat grondonteiening uitspel, maar hy sit self met hope grond! Blankes moet van alles ontneem word.Selfs die DA moet ook sy woorde sluk wat so lekker grondonteiening ondersteun.

Boeta ·

Gaan kyk maar dit gaan nie oor grond om op te boer of bou nie. Daar is minerale ondergronds. Plaas eienaars moet gaan vas stel watse minerale onder hul grond is….kyk maar daardie grond sal eerste geteiken word.

Steven ·

Maar n paar plakate op US is te veel…n standbeeld pla julle. hahahaha

sê maar net ·

As ek nie welkom is nie,is my geld ook nie welkom nie,ek het laaaaankal my beleggings oorsee geskuif,het dit sien kom,fuif maar voort,daar IS uitstekende opsies!!!

N Lourens ·

Andre ek hou van jou stelling. Ek dink BLF moet asb vir PPC uitnooi ek is seker daarvoor sal hy ook n antwoord hê – dit is nou prof piet croucamp ek weet eenvoudig nie waarom boerevereenigings en landbou unies hom nog enigsins n spreekbeurt gee nie.

anoniem ·

Blykbaar ken hulle nogsteeds nie hulle geskiedenis oor wie eintlik eerste hier was en wiese grond dit eintlik is nie.

moeks ·

35 000 wit families wat grond besit. So nou gaan daar 35 000 minder belastingbetalers wees. Mooi man ek is seker SAID gaan baie bly wees.

Ajp ·

Zimbabwe het presies dieselfde pad gestap van 1980 af tot nou, daar is nie n groot verskil in die loop van dinge nie. Selfs die tydraamwerk is baie in die kol. Die enigste merkwaardige verskil is ons blanke bevolking staan nou met onder 4milj. Sterk.
Maar dit gaan nie veel van n impak he nie . As daar nie bitter vinnig ingryping van n ontwikkelde ekonomie is wat die mag na ware demokrasie swaai gaan die son baie vinnig sak oor suid afrika. Blankes is al so gebrain wash in ons land is te bang om iets te se dan is ons rasisties ons loop maar ewigedwee kop onderstebo en hoop die moeilikheid sal by ons verbyhou. Die feit is meeste inwoners wit of swart wil net n werk n huis en n salaris verdien en sorg v sy/hul familie maar die swart wat die wit wil vervolg is klaar baie meer as wat ons paar bleekgesiggies is…………… en ons regering ga nie wit beskerm

Andrew ·

Maar die staat is bewus daar van dat dit nie net neem en gee is nie, waar gaan hulle hul lewies van daan kry? Julle betaal nie eens vir krag nie!!
Neem die grond dan is daar nie Meer n SA of geld om testeel nie.

Pieter du Toit ·

Ek het n voorstel vir die regering om te onderhandel met die Europiese Unie & die Amerikaanse regering om al die blankes v SA te hervestig met n wettige immigrasie proses sonder enige bepalings v onnodige wette. Die proses sal wit & swart mense bevoordeel & gelukkig maak sonder enige eise verder. Die regering v S.A. moet eiendomme wettig trug koop v die blankes & alle regs kostes v die blankes + die immigrasie kostes betaal. Na alle wit mense geimmigreer het met alle onderhandelings tussen hulself en die regering v SA kan die regering n wet wysig dat geen wit mens v oor die wereld die grense v SA ooit weer kan besoek nie en dat ernstig stappe teen oortreders geloots kan word. Indien S.A. now slegter af is as Zimbabwe dan kan die blankes nie meer beskuldig word met die ondergang & armoede in S.A. en die woord apartheid het geen betekenis meer nie so wie moet die skuld dra! SA moet dan aanvaar dat sanksies en ekonomiese hulp mag weer teen SA ingestel word. Hulle kan in vrede lewe en ons le die voorstel aan regering & sluit n wettige ooreenkoms & vereistes. S.A. & die swart mense word die wettige eienaars van S.A. Hulls is vry, gelukkig & ons is ook sonder enige kwaadwillige rasse twis. Die gemengde huwelike sal ook moet immigreer. n Beterder voorstel of proses sal jy nie kan kry en sal alle twis vermy word om aan almal se behoeftes te voorsien.

Madelein ·

As hulle ons grond wil he en als wat ons opgebou het…se ek..brand als tot op die grond af…skole, kerke, winkels, allea wat ons gebou het..en gee vir hulle die grond… Ons sal weer opstaan…ons het die wil en krag en mentaliteit om weer n lewe te bou…dis wat hulle nie het nie

Ilse ·

All immigreer al die blankes en al los ons alles wat ons hier gehad het net so vir hulle kan ek almal waarborg dat oor 2 tot 3 maande hierdie hele Suid-Afrika plat geslaan en afgebreek gaan wees. Daar is nie ‘n ding wat hulle nie vernietig nie.

peter ·

Wel mag dit wees dat Duitsland ons “wit velle” gaan help soos van Rensburg voorspel het. Ek is nie skaam oor my vel kleur nie nog minder oor my geskiedenis… ons moet ophou om ons self te bejammer en n slag begin glo in wie en wat ons is en wat ons vir ons land Suid-Afrika beteken en ons land vir ons. Wat van ons kinders en klein kinders..wat van ons geloof…nee eerder wat het van ons geloof geword. Geen mens kan net vat en moor soos hy wil nie.

Grapjas ·

Gaan kyk na die klomp se anti rasisme manifes, dis lekker snaaks, ek nou lekker gelag, in die bill wat kwanseis anti rasisme bill is word die heeltyd gepraat oor hoe die swart mens teen die wit mens beskerm moet word, ek wil nie snaaks wees nie maar die klomp is die klits kwoit, hulle het geen idee wat rasisme besteken nie en hulle weet ook glad nie hoe om te regeer nie, volgens hulle en hulle siening is dit hulle grond want in hulle kultuur is dat as hy daar geloop het en ontlas het is dit hulle sin, dis soos diere wat hulle gebiede afbakken. en ons moet n land bou met sulke mentalitete, ek sien swaarigheid vir ons

Oom Klasie ·

Peter Siener het waar gepraat en daar gaan nog groot dinge kom. Die Duitsers is on goedgesind. Het dit onlangs weer in een van hulle koerante gelees .die traktaat in destydse SWA bestaan wat tussen die Boere en Duitsers onderteken was.Daardie traktaat gaan baie vir die toekoms vir ons blankes wat nie libs is nie beteken.Voor dit gaan Duitsland egter eers n Staatsgreep ervaar. Daarna gaan die poppe dans.Aldus Siener wat nog nooit met iets verkeerd was nie.

Nico ·

Ag laat hulle tog die grond vat, my skuld op die huis weg maak en 2 jaar later koop ek my grond terug vir appel en ‘n ei. Die rede hoekom daar minder swart aandeel in besighede is as die 90’s is omdat hulle hul aandele verkoop, want die goed kan nie met geld werk nie.

herman ·

Dit raak tyd dat ons in laers op ons plase saam met ons boere gaan woon om hulle en onsself te beskerm teen die aanvallers. Net soos ons Voorvaders, die Voortrekkers gedoen het met hul waens.

Lizl ·

Ag te hel met alles, ek het klaar besluit, ek is oppad Orania toe. Sal daar `n lewe maak en WERK vir `n bestaan. Die grondvergrypers verstaan die beginsel WERK nie. Kyk maar mooi, die grootste aansprakers is die wat te sleg is vir eerlike werk.

Kryger ·

Alle grond behoort Aan God. Die God vd BYBEl. Hy bepaal die grond gebied van volke. Die babelse verwarring het Hy veroorsaak omdat die mens God wou wees in Sy eie reg. Israel het Sy grond gebied wat God Aan Abraham belowe het, deur oorlog teen heidene verower. Dieselfde God het n volk kom plant in SA. Toe ons Hom dien op Alle terreine na die vryheids oorloe teen die Britte, het ons Floreer. Maar verraaiers wat in die Geheim vir vrymesselaars in Brittanje gewerk het, het Verwoerd laat vermoor en die regering gekaap. Nou regeer die Britte weer maar hulle planne bietjie verwyder deur Zuma wat agter die Guptas Russe en groter omkoop geld gaan konkel het. Die grond word gebruik om ons laaste klomp God aan bidders te probeer uitroei. Met Hom in my hart, die BYBEl in my HUIS en geweet in my hand gaan hulle pak kry. Ek Bly weg van hulle beraad en as hulle enige verstand het sal hulle wegbly van die grond gebied waar Ek die Here dien!

chrissie ·

Die duiwel laat sy mense rond loop……die goed gaan nog hul dag kry!!

Vierkleur ·

Die Boere Republieke van Transvaal en die Oranje Vrystaat SAL herstel word !!!

Verwar ·

So, wanneer is iets dan nou ‘haatspraak’, ‘aanhutsing’ en ‘íntimmidasie’?
Ek’s ‘n doodgewonde inwoner van hierdie land en ek moet sê, sulke uitlatings laat my nie juis welkom voel of VEILIG voel in my eie land nie? Ek kan nie/ gaan nie/ wil nie trek nie.
Ek soek geen spesiale behandeling nie en ek beskou myself glad nie as rassisties nie EN ek sou ook nie uitlatings goedkeur wat ander rasse (as my eie), laat voel soos wat hierdie man my laat voel nie? Dis mos nie reg nie?
Hoekom is dit ‘okay’ vir mense om so te praat? Die ou is nie eers bang om so te praat nie? Hy verwag glad nie dat iemand hom eers oor die vingers gaan tik vir sy uitlatings nie? Dis mos nie reg nie? As burger van hierdie land het ek en my eie kinders seker tog ook die reg om tuis te voel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.