Zoeloekoningin as tussentydse leier aangewys

Koningin Mantfombi MaDlamini Zulu (Foto: Maybelle Boma/Facebook)

Koningin Mantfombi MaDlamini Zulu is Sondag as die tussentydse opvolger van die Zoeloevolk aangewys, kragtens wyle koning Goodwill Zwelithini se testament.

Sy sal aan bewind bly totdat ‘n opvolger amptelik aangewys is om as monarg van die Zoeloevolk oor te neem.

Koningin Zulu (64) het in 1973 met koning Goodwill Zwelithini getrou. Zwelithini is Donderdag ter ruste gelê.

Die koningin sal na verwagting een van haar seuns aanwys as nuwe koning. Sy het agt kinders, insluitend vyf seuns, by Zwelithini gehad. Gerugte doen die ronde dat sy waarskynlik haar eerste seun, prins Misuzulu Zulu, sal aanwys as die volgende Zoeloekoning.

Sy het tot dusver dieselfde monargale status as haar man geniet, sonder die omvang van sy mag. Sy sal egter tydens haar tussentydse bewind ook die politieke en beskermingsverantwoordelikhede aanvaar.

Sy is die suster van koning Mswati III, die huidige koning van eSwatini (Swaziland).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dries ·

Hierdie monargie sal nog ook deur die ANC vernietig word. Hulle sal drasties ook moet begin veg vir totale onafhanklikheid. Die ANC slyp al lankal hulle tande vir daai Ngoma trust se geld en besittings

Bernard ·

Ingonyama- trust het aan die koning behoort as enigste trustee, ‘n skepping uit die Apartheidsera!

Oujongvrou ·

Die Zulu koning was glad nie rassisties teenoor ons nie. Jammer hyt gesterf, hierdie ANC aasvoels gaan daai grond wil inpalm wat wettig vir hulle gegee is deur die ou bedeling. Ek hoop hierdie mooie vrou gaan haar man se skoene vol staan en na hulle mense kyk. Almal wat op daai grond leef is rustig en tevrede.

MakersMark ·

Elke tweede skaapwagter is nou ‘n koning. Van royal house of x to the royal house of y. En elkeen wil meer grand wees as die volgende een en wil so graag gesien wees. Watse waarde dra die koningshuise by behalwe om belasting geld te verorber en spandeer aan ‘n spul vrouens, kinders en lang slap BMW’s ? Consumers only……..

Jaco ·

Net voordat almal nou te veel kritiek lewer oor die SA regering salarisse aan tradisionele konings en hoofmanne betaal: dis ‘n stelsel wat deur die wit Britse koloniale regering begin is. Selfs Paul Kruger se Boererepubliek het dit gedoen. Dié stelsel is na 1910 net so deur die Suid-Afrikaanse Party regering behou. Later het die Verenigde Party van Jan Smuts daarmee voortgegaan. En die Nasionale Party regerings het dié stelsel na 1948 deel van die apartheidsbeleid gemaak. En die ANC het dit ook maar behou. Dié sogenaamde geldmors op tradisionele leiers kom dus uit die ou SA. Ek wonder of diegene wat nou daaroor kla, in die ou SA ook daaroor gekla het.

Dries ·

Jy kan maar net in die verlede leef. Daai was tye waar SA die vinnigste groeiende land ter wereld was

Hennie J ·

Kan jy glo!!!! Hierdie klomp stry alweer oor wie die chief kripvreter moet wees. Dit is n gesogte joppie met n groot pay en jy hoef nie n steek werk te doen nie. Hoekom kan n vrou nie koning word nie of is kultuur sterker as anc beleid? Wat n klug waarvoor die belastingbetaler ten duurste betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.