Slang aan boord

Personeel by ‘n lughawe in Skotland het op ‘n Meksikaanse slang onder ‘n vliegtuigsitplek afgekom.

Die Skotse Dierebeskermingsvereniging het gesê werknemers by Glasgow-lughawe het op hul voete gedink en “merkwaardig kalm” gebly toe hulle op dié 45 cm-lange slang Dinsdag onder sitplekke in ‘n vliegtuig van Cancun, Meksiko, afgekom het. Die jong slang is glo na ‘n dieresentrum geneem en is “Furtivo” (Spaans vir sluip) gedoop.

Furtivo, ‘n lid van die Dryadophis-familie, is nie-giftig, maar “aanvallend”. Die slang het moontlik voor die vliegtuig opgestyg het ingeseil, of was moontlik saam in een van die passasiers se handbagasie versteek.

Volgens die Skotse Dierebeskermingsvereniging sal Furtivo in sy sorg bly totdat ‘n kenner die slang kan aanneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.