Drie tieners is Donderdagaand in hegtenis geneem in verband met ʼn seksuele oortreding teen ʼn 10-jarige in ʼn kerk in Lenasia.
“Die misdaad het Woensdag tydens ʼn gebedsdiens gebeur toe drie tieners en ʼn man in sy 20s die seun na ʼn kamer, weg van die gemeentelede, geneem het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die misdaad is op die kerk se kringtelevisiekameras vasgelê.”
Toe die diens geëindig het, het ʼn ouderling die kringtelevisiebeeldmateriaal ondersoek en gesien wat gebeur het.
Die saak is by die polisie aangemeld en die seuns, onderskeidelik 13, 14 en 15 jaar oud, is omstreeks 19:00 in hegtenis geneem. “Die 20-jarige man sal na verwagting binnekort in hegtenis geneem word,” het Makhubela gesê.
Die tieners is na ʼn plek van veiligheid geneem en sal binnekort in ʼn spesiale ondersoekhof vir kinders verskyn. -SAPA
Kinders! Skuim gebore wil dit voor kom.
Volgens EWN is dit ‘n moskee in Lenasia, nie ‘n kerk nie.