Twee skoolmeisies van Johannesburg is Woensdagoggend dood in hul skooluniforms gevind.
Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die meisies se liggame is in Dobsonville in Soweto aangetref. “Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad,” het Makhubela gesê.
“Lemmetjies, kerse en hul skooltasse is langs hul liggame gevind.”
Nie een van die meisies, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is as vermis aangemeld nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA
Lees die opvolgberig hier:
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor