Die Somaliese terreurbeweging, Al-Shabaab, het ’n militêre basis in Kenia naby die Somaliese grens bestorm. In die daaropvolgende gevegte is 11 terroriste en twee Keniaanse soldate doodgeskiet.
Die terroriste het ook ’n nabygeleë dorpie bestorm, en die mans na die plaaslike moskee gesleep waar hulle gedwing is om ’n uur lank te bid.
In April vanjaar het terroriste van dieselfde beweging 150 studente by die Universiteit van Garissa in die noorde van Kenia doodgeskiet. – ANP
Die Keniaanse weermag gaan hulle maar weer op hulle herrie gee want dit is regtig n klomp trotse troepe. Wanneer n mens in Kenia kom voel jy baie meer gerus as in SA.