Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Polisielede hou wag buite ʼn huis in Strathroy, Ontario. ʼn Verdagte is dood nadat Kanada se nasionale polisiediens ʼn moontlike selfmoord-bomaanval afgeweer het. Foto: Geoff Robins/The Canadian Press via AP/wire.africannewsagency.com
Mohammad Jamal smelt gebruikte aluminiumafval by ʼn herwinningsfabriek aan die buitewyke van Dhaka, Bangladesj. Inwoners van ʼn nabygelëe informele nedersetting werk 12 ure per dag by die fabriek. Hulle verwerk blikkies, nywerheidsas en mediese stulppakke tot rou aluminium sonderbeskermende klere om hulle teen die gevaarlike dampe en aluminiumas te beskerm. Foto: AP Photo/A.M. Ahad/wire.africannewsagency.com
Polisiebeamptes worstel met ʼn man om hom by ʼn wolkekrabber se venster in te trek in New York, VSA. Die man het vir meer as twee ure lank die glasfasade van die Trump Tower-gebou met suigdoppies uitgeklim en tot by die 21ste verdieping gevorder voordat polisebeamptes hom deur ʼn venster na veiligheid getrek het. Foto: AP Photo/Julie Jacobson/wire.africannewsagency.com
Burgerlike aktiviste in Pakistan plaas kerse voor ʼn gedenkmuur nadat ʼn selfmoord-bomaanval Maandag by ʼn plaaslike hospitaal in Quetta, Pakistan, plaasgevind het. Sowat 70 mense het in die aanval gesterf. Foto: Xinhua/Asad/wire.africannewsagency.com
Mense drom buite die presidensiële paleis in Ankara saam tydens ʼn toespraak van die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan. Erdogan het die skare op die laaste dag van ʼn reeks byeenkomste toegespreek, wat regoor Turkye gehou is om die mislukte staatsgreep aan die kaak te stel. Foto: Presidential Press Service via AP/wire.africannewsagency.com
Kristin Armstrong van die Verenigde State van Amerika omhels haar seun met trane in haar oë by die einde van die individuele straatfietstydtoets vir vroue by die 2016 Rio Spele in Brasilië. Armstrong het die goue medalje met ʼn tyd van 44 minute en 26 sekondes verower. Foto: Xinhua/Li Ga/wire.africannewsagency.com
Jong Brasiliane juig van vreugde nadat Brasilië ʼn doel teen Denemarke aangeteken het tydens die Olympiese sokkertoernooi in Rio de Janerio. Die seuns het die wedstryd by ʼn kroeg in Rio se krotbuurte gekyk. Foto: AP Photo/Felipe Dana/wire.africannewsagency.com
Studente tree op tydens die 90ste jaarlikse Kenia Nasionale Musiekfees in Nairobi, Kenia. Die 90ste weergawe van die Musiekfees het Maandag by die Moi Internasionale Sportsentrum in Kasarani begin. Foto: Xinhua/Nyalwash/wire.africannewsagency.com
Liu Bingxue, ʼn afrigter van Harbin Polarland, tree saam met ʼn Beluga-walvis op by die akwarium in Harbin, in die noordooste van China. Bingxue is twee jaar gelede as walvisafrigter by die Harbin Polarland akwarium aangestel. Haar opvoerings saam met die Beluga-walvis is een van die akwarium se gewildste vertonings. Foto: Xinhua/Wang Jianwei/wire.africannewsagency.com
Grecia die toekan spog met haar nuwe snawel by die Zoo Avenue-dierereddingsentrum naby die stad Alajuela, Costa Rica. Die toekan ly al meer as ʼn jaar lank weens ʼn verswakte snawel en het onlangs ʼn kunsmatige snawel gekry wat met ʼn 3D-drukker geskep is. Foto: Xinhua/Kent Gilbert/wire.africannewsagency.com