Die wêreld in foto’s – 12 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Kliënt eet middagete by ʼn tafel met ʼn deursigtige plastiek-afskorting in die hoop om die verspreiding van die koronavirus in Hongkong te kniehalter. (Foto: Kin Cheung, AP)

Die poedel Siba poseer vir foto’s nadat hy Dinsdag gekroon is as die beste skouhond by die 144ste Westminster hondeskou in New York. (Foto: John Minchillo, AP)

ʼn Passasiervliegtuig vlieg voor die maan verby nadat dit van die Phoenix Sky Harbor Internasionale Lughawe in Phoenix, VSA, opgestyg het. (Foto: Charlie Riedel, AP)

ʼn Portret van pous Franciskus wat aan hom geskenk is, word deur ʼn personeellid van die Vatikaan weggeneem tydens die weeklikse oudiënsie by die Vatikaan. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ʼn Indiër vrou loop verby plakkate teen ʼn muur by ʼn protesoptog in Bangalore, Indië. Burgers betoog teen die nuwe burgerskapswet wat naturalisasie van nie-Moslem-migrante van naburige Pakistan, Bangladesj en Afghanistan wat onwettig in die land woon, versnel. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maritha ·

Het ook jare terug so n swart poedel gehad. Hulle is pragtige woefers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.