Die wêreld in foto’s – 20 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

China se nuwe superrekenaarsisteem, Sunway-TaihuLight, is Maandag aangewys as die wêreld se vinnigste rekenaar by die International Supercomputing Conference in Duitsland. Die National Supercomputing Center is ook Maandag ingewy in Wuxi, waar die uwe-generasie superrekenaar geïnstalleer is. Foto: Xinhua/Li Xiang)(mcg/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Palestyne boer, Saeed Abu Nasser van Gasa-stad, spog met sy groen soetrissies. Dié Hidroponiese boerdery gebruik 70 persent minder water as gewone besproeiingsmetodes en plaagdoders word ook nie gebruik nie. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Indiese weermaglede doen joga vir die komende Internasionale Joga-dag in Ahmadabad, Indië, wat op 21 Junie plaasvind. Foto: Photo/Ajit Solanki/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou van Noord-Korea kyk hoe wei haar koei in Wonsan in die Poptong-distrik. Dié gebied is gekies vir verdere ontwikkeling as toeriste-aantreklikheid in die somer. Foto: Wong Maye-E/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Paartjie word sopnat nadat ʼn golf die promenade in Mumbai, Indië, getref het. Foto: Rafiq Maqbool/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die Italiaanse komponis en pianis, Ludovico Einaudi, speel een van sy eie komposisies op ʼn drywende platform in Svalbard, Noorweë, naby die Arktiese Oseaan. In die agtergrond is een van GreenPeace se skepe, die Arctic Sunrise. Einaudi se komposisie, Elegy for the Arctic, gaan oor die beskerming van dié gebied. Foto: Pedro Armestre/Greenpeace Spain via AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

Die vrou van Noord-Korea kyk na haar koei? Volgens my kyk sy na ‘n bul.

Nommer 7 ·

Hahahahaha! Julle, jare gelede het my (ongeveer sewejarige) suster aan my (ongeveer vyfjarige broer) verduidelik wat is die verskil tussen ‘n koei en ‘n bul. Haar verduideliking: ‘n koei het vier spene en ‘n bul het net een langerige speen! Ons lag NOU nog daaroor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.