Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Nepalese man word versorg deur ʼn Chinese dokter in Kathmandu, Nepal, by ʼn gratis gesondheidskamp wat spesialiseer in katarak-chirurgie. Foto: Xinhua/Sunil Sharma/ wire.africannewsagency.com

Greg Suhr, die hoof van die polisie in San Francisco, tydens ʼn perskonferensie in die Bayview-distrik, nadat ʼn vrou deur ʼn lid van die polisie doodgeskiet is. Foto: Jessica Christian/The San Francisco Examiner via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Foto van Maria al-Ali (2) ʼn Siriese vlugteling, wat gedra word deur haar ma, Huda al-Ali, in Gaziantep, Turkye. Al-Ali is een van duisende vlugteling wat in Turkye woon en geld ontvang van die Wêreldvoedselprogram. Dié gesin van vyf ontvang sowat ʼn honderd dollar per maand. Foto: AP Photo/Lefteris Pitarakis/ wire.africannewsagency.com

ʼn Student by ʼn kunsuitstalling tydens ʼn kunskompetisie by die Nanjing Universiteit in China. Meer as ʼn 1 000 studente het hul kuns ten toon gestel. Foto: Xinhua/Sun Can/ wire.africannewsagency.com

Taiwan se nuwe president, Tsai Ing-wen, tydens haar inhuldiging in Taipei.Tsai Ing-wen is Taiwan se eerste vrouepresident. Foto: AP Photo/Chiang Ying-ying/ wire.africannewsagency.com

Kevin Love van die Die Cleveland Cavaliers kry punte vir sy span tydens die NBA basketbal-konferensie se finaal in Cleveland. Foto: AP Photo/Tony Dejak/ wire.africannewsagency.com

ʼn Ondersteuner van die All India Anna Dravida Munnetra Kazhagam-party vier die party se oorwinning tydens ʼn verkiesing in Chennai, Indië. Foto: Xinhua/Stringer/ wire.africannewsagency.com

Die landskap in die geologiese park in Zhangye, in die noordweste van China se Gansu Provinsie. Foto: Xinhua/Yang Xin/wire.africannewsagency.com