Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Man staan Maandag reg in die middel van die pad in die winkeldistrik van Ginza in Tokio. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)
Die Israelse president, Reuven Rivlin, regs, en sy Griekse eweknie, Prokopis Pavlopoulo, inspekteer die presidensiële erewag gedurende ʼn verwelkomingseremonie in Athene, Griekeland. Rivlin is op ʼn amptelike besoek van drie dae in dié land en sal ʼn spesiale seremonie op Internasionale Herinneringsdag van die Joodse volksmoord (Holocaust) bywoon. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)
Die Afgaanse president, Ashraf Ghani, en Indonesiese president, Joko Widodo, skud blad voor hul amptelike vergadering by die Presidensiële Paleis in Kaboel, Afganistan. (Foto: Massoud Hossaini, AP)
ʼn Afgaanse vrou verlaat Maandag die toneel van ʼn aanval by die Marshal Fahim Akademie in Kaboel, Afganistan. Militante van die Islamitiese Staat het ʼn aanval geloods op Afgaanse soldate wat wag gestaan het voor dié akademie. Tien troepe is dood en 16 beseer in dié aanval. (Foto: Rahmat Gul, AP)
Die Japanese kuswag-skip Tsugaru (PLH02) en helikopters van die Maleisiese Maritieme Agentskap gedurende ʼn gesamentlike oefening tussen dié twee agentskappe by Kuantan, Maleisië. (Foto: Malaysian Maritime Enforcement Agency, AP)