Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Perde aan’t wei terwyl die son opkom in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Die tienjarige Robbie Ramirez hou vas aan sy pa, Robert Ramirez, ná afloop van ʼn skietery wat Sondagaand op die Gilroy-knoffelfees in Kalifornië, VSA, plaasgevind het. Drie mense is tydens die skietery dood. (Foto: Noah Berger, AP)

Brian Dozier van die Washington Nationals in aksie teen Josh Donaldson van die Atlanta Braves tydens die sesde beurt in ʼn bofbalwedstryd in Washington. (Foto: Patrick Semansky, AP)

Ariane Titmus van Australië glimlag nadat sy die eindstryd van die 400 m-vryslag vir vroue op die Wêreld-swemkampioenskap in Gwangju, Suid-Korea, gewen het. (Foto: Lee Jin-man, AP)

ʼn Man maak ʼn oorstroomde straat skoon ná ʼn hewige reënbui in Karatsji, Pakistan. Volgens Pakistan se weerdiens word reën nog vir drie dae voorspel. (Foto: Fareed Khan, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.