Die wêreld in foto’s – 4 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Werkers met gesigmaskers hang lanterns op ter voorbereiding van Boeddha se komende verjaardag in die Chogyesa-tempel in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Die Europese parlement in Brussel staan leeg sedert toegang tot die perseel beperk is om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan. Die EU-instellings se kernfunksies word steeds gehandhaaf, maar ander aktiwiteite, waaronder kulturele geleenthede, verhore, seminare en informele vergaderings van politieke groepe en wetgewers, is vir drie weke opgeskort. (Foto: Olivier Matthys, AP)

ʼn Paar Moslems bid om die Kaaba by die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië. Abdel-Fattah Mashat, Saoedi-Arabië se adjunkminister van gesondheid, het gesê weens Covid-19 (veroorsaak deur die koronavirus) mag burgers van dié land nie vanjaar die pelgrimstog na Mekka meemaak nie. (Foto: Amr Nabil, AP)

Die sonsopkoms Woensdag by die Middeleeuse Karlsbrug in Praag, Tsjeggiese Republiek. (Foto: Petr David Josek, AP)

ʼn Vrou hang haar wasgoed op by ʼn woonstelblok in Harare, Zimbabwe. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Santjie ·

My mond hang oop – op die laaste foto…. die mense kry swaar, maar al die woonstelle het skottels? Hoe werk dit dan nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.