Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Duitse doeanebeamptes het beslag gelê op ʼn slang in ʼn bottel alkohol by ʼn passasier. Hier word dit tydens ʼn perskonferensie by die dieretuin in Frankfurt, Duitsland, vertoon. Foto: AP Photo/Michael Probst
Moslembetogers trek aan lemmetjiesdraad wat ʼn pad versper wat na die presidensiële paleis lei. Daar is ʼn betoging aan die gang teen die Djakartaanse goewerneur, Basuki Tjahaja Purnama, in Djakarta, Indonesië. Foto: AP Photo/Tatan Syuflana
Die Italiaanse lugmag se akrobatiese eenheid, die “Frecce Tricolori” (driekleur-pyle) kwyt hulle goed van hul taak in die lug bokant Rome ter viering van die weermag op Armed Forces Day (die herdenking van die einde van die Eerste Wêreldoorlog vir Italië). Foto: AP Photo/Gregorio Borgia
ʼn Reuse-pandawelpie, Huasheng, speel by die Giant Panda Protection and Research Center in Shanghai, oos-China. Sy is die eerste welpie wat tot die skoner geslag behoort wat in dié sentrum gebore word. Foto: Xinhua/Fan Jun
Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek in aksie teen haar landgenoot, Barbora Strycova, tydens die WTA Elite-trofeetoernooi in China. Kvitova het 2-0 gewen. Foto: Xinhua/Lu Hanxin
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.