Aanvanklik is berig dat sowat 90 ontvoer is.
Die Christene, meestal Assiriërs, se lot is onbekend. Die Assiriërs is ’n antieke volk wat van oudsher Christene is, en verspreid oor veral Turkye, Sirië en Irak woon. Talle het in die afgelope paar jaar uit Sirië en Irak gevlug. Voor die aanbreek van die Siriese burgeroorlog het Christene die meerderheid van die inwoners in hierdie streek uitgemaak waar die IS se jongste aanvalle geloods is.
Waarnemers meen die IS het ’n nuwe front geopen na dit op verskeie fronte neerlae gelei het. Die Assiriërs is waarskynlik geteiken omdat hulle sy aan sy met die Koerde teen die IS veg.
Die IS het vroeër die maand in 21 Egiptiese Koptiese Christene in Libië onthoof en die terreurdaad op video vasgelê.
Hardloop die wedstryd tot die einde met volharding. Mag die Here julle krag gee en ons dra julle in ons gebede.
Snel – ek stem met jou saam. Dit is vir my skokkend dat mede – Christene wreed vermoor word oor hul geloof. Ek wens ‘n mens kon iets daaraan doen, maar op hierdie stadium kan ons maar net vir hulle bid. Daar is net een troos – in Openbaring staan geskryf dat daar ‘n spesiale plek in die Koninkryk is vir gelowiges wat weens hul geloof gemartel en doodgemaak word.
Ek stem ook dat hulle wat sterf vir Hom in die Koningkryk sal kom en diegene wat die daad pleeg, nou ja, dis vanselfsprekend! Ek sal steeds as ouer mal word as my kind so op sy kniee moet staan en ek weet hy gaan sterf. Dis grusaam!!
Dis die duiwel wat so werk om van gelowiges ontslae te raak.