Osama bin Laden se ma het vir die eerste keer ʼn onderhoud toegestaan en met Martin Chulov gesels vir ʼn artikel in The Guardian.
Chulov sê Saoedi-Arabië se nuwe leierskap het hom gehelp om die onderhoud te skeduleer nadat kroonprins Mohammed bin Salman die gesprek goedgekeur het.
Chulov begin die artikel en verduidelik waar Alia Ghanem in ʼn kamer in haar Jiddah-herehuis sit, ʼn teken van die familie se welvaart en hul posisie in die land. “Hul bewegings en gesprekke word steeds baie fyn gemonitor.”
Die verslaggewer meen die rede waarom die onderhoud toegestaan is, is omdat hy wou wys dat ʼn buitestander, en nie ʼn Saoedi-agent nie, verantwoordelik is vir die aanvalle op 11 September 2001 in die VSA.
Alia word ondersteun deur haar twee oorlewende seuns en tweede man wat bin Laden, sedert hy drie jaar oud is, grootgemaak het. Sy het gesê die verandering het later in haar seun se lewe gekom, toe hy ʼn student aan ʼn universiteit in Jiddah was. “Hy was ʼn goeie kind totdat hy mense ontmoet het wat hom in sy vroeë 20’s gebreinspoel het. Mens kan dit ʼn kultus noem. Ek het altyd vir hom gesê hy moet van hulle af wegbly, en hy het nooit gesê waarmee hy besig is nie, omdat hy so lief was vir my.”
Toe sy die vertrek verlaat het om te gaan rus, het een van haar seuns Chulov gewaarsku dat “sy steeds in ontkenning is oor Osama” en steeds iemand anders wil beskuldig.
Sy het Osama laas in 1999 in Afghanistan gesien “en nooit die djihad-kant van hom leer ken nie”.
Lees die volledige stuk hier.
Dit moes haar hart gebreek het. In teen deel, dit sal enige moeder se hart breek…
Dit is waar Elsa. elke mens het ‘n ma. Ons sien ook nie maklik ons kinders se foute raak nie