Tydens die kampioenskap is twee Suid-Afrikaners in Afrika se heldesaal opgeneem.
Lees meerAlles vir Sondag 5 Augustus 2018
Ma sê Osama bin Laden was deel van ʼn ‘kultus’
Osama bin Laden se ma het vir die eerste keer ʼn onderhoud toegestaan en met Martin Chulov gesels vir ʼn artikel in The Guardian.
20 sterf tydens vliegongeluk in Alpe
Twintig persone is Saterdag dood toe ʼn Junkers Ju-52- veteraanvliegtuig in die Alpe van sentraal Switserland neergestort het.
Tsoenami-waarskuwing ná sterk aardbewing Indonesië tref
ʼn Waarskuwing vir ʼn moontlike tsoenami is uitgereik nadat ʼn aardbewing Indonesië se Lombok-eiland getref het.
Moto GP: Ducati slaan die kitaar in Tsjeggië
Die Tsjeggiese Republiek se Moto GP is Sondag ná ʼn blaaskans van twee weke gejaag.
Krieket: Proteas beklink eendagreeks teen Sri Lanka
Suid-Afrika het die derde van vyf eendagwedstryde Sondag teen Sri Lanka beklink.
Man moet opdok ná hy honde uit warm motor red
ʼn Man wat ʼn venster gebreek het om twee honde uit ʼn warm motor te red, is beboet vir die skade.
Amptelike vuurwapens is uit polisiestasie gesteel
Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco en die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het bevestig amptelike vuurwapens is Saterdag tydens die rooftog by Kareedouw-polisiestasie in die Oos-Kaap gesteel.
Helfte-helfte-Bulle ransel Boland deeglik af
ʼn Blou Bulle-span wat rustyd in sy geheel vervang is, het Boland Saterdag in hul littelosmaker in Worcester behoorlik afgeransel.
Video: Stap binne-in Van Gogh se Sterrenag-skildery rond
Maak seker jy kyk die video op volskermgrootte en “stap” in die dorpie rond deur jou slimfoon te draai om rondom jou te kyk of gebruik jou muis as jy op ʼn rekenaar is.
Groot beloning vir inligting oor Metrorail-brandstigters
Skade weens brandstigting die afgelope vier maande beloop ongeveer R50 miljoen en minstens R210 miljoen die afgelope vyf jaar.
Kaapstad-burgemeester De Lille bedank
Die beleërde burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het Sondag bedank en die Demokratiese Alliansie het alle aanklagte teen haar teruggetrek.
Du Toit rek puntevoorsprong in Kanada
Guiseppe du Toit, wat in Johannesburg gebore is, het Vrydag sy voorsprong as puntemaker in die Kanadese Rugbykampioenskap (CRC) vergroot.
Boek: Die seuns van Bird Island
“Die Seuns van Bird Island” – ‘n ondersoek na opspraakwekkende bewerings uit die hart van die NP-regering.
ANC het glo 139 plase in die oog vir grondgrype
Die ANC het glo 139 plase uitgekies wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien.
Superrugby: Swaarkry se dinge lê voor
Kom ons aanvaar dit maar … Nieu-Seelandse rugby bly ons vooruit.
‘Goeie ma’ verdrink toe vierjarige dogtertjie
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar huilende vierjarige dogter in ʼn rivier verdrink het, is dae tevore deur ondersoekbeamptes vrygespreek van enige kindermishandeling.
Ietermagô van vermeende stropers gered
ʼn Seldsame manlike Afrika-ietermagô, wat deel is van die hoogs bedreigde spesie in die wêreld, is in Rustenburg, Noordwes, gesteel.
Eskom sê oor beurtkrag vir Sondag
Daar is Sondag ʼn lae risiko van beurtkrag vir Sondag, maar die waarskynlikheid verhoog tydens spitstyd tussen 17:00 en 21:00, as gevolg van ʼn gewone verwagte toename in gebruik, het Eskom gesê.
Twee word ondervra oor ANC-raadslid se moord
Twee persone is Vrydag ondervra in verband met die moord op ʼn wyksraadslid van die ANC in Knysna, Victor Molosi (50).