Afrika-atletiekkampioenskappe: SA presteer op en van die baan af

Wayde van Niekerk tydens die Wêreld-atletiekkampioenskap in Londen (2017) Foto: AP Photo/Tim Ireland/File via ANA

Die 21ste Afrika-kampioenskappe is van 1 tot 5 Augustus in Nigerië aangebied. Die byeenkoms het in die Stephen Keshi-stadion in Asaba plaasgevind.

Die byeenkoms is gekenmerk deur verskeie probleme. Behalwe swak reëlings deur die organiseerders moes die spanne klaarkom met swak vlugreëlings, powere akkommodasie en verlies aan bagasie. Tanzanië se span het hul onttrek aan die kampioenskap as gevolg van die swak reëlings en sekuriteitsvraagstukke.

Tydens die kampioenskap is twee Suid-Afrikaners in Afrika se heldesaal opgeneem. Die twee wie die eer te beurt geval het, is Wayde van Niekerk en Caster Semenya. ʼn Totaal van 13 atlete is op dié wyse vereer.

Op die baan het deelnemers van Suid-Afrika goed gevaar. Op die eerste twee dae het Suid Afrika verskeie medaljes bymekaar gemaak. Dit sluit in:
• Akani Simbine se goud in die 100 m in ʼn tyd van 10.23 sekondes. Simon Magakwe was derde in 10.35 sekondes.
• In die verspring vir mans het Rushwahl Samaai die goue medalje voor die neus van die wêreldkampioen, Luvo Manyonga, weggeraap. Samaai het 8.45 m gespring en Manyonga 8.43 m.
• In die mans diskus het Victor Hogan (60.06 m) en Werner Visser (58.82 m) ook goud en silwer gewen.
• Rikenette Steenkamp het silwer in die 100 m-hekkies ingepalm met ʼn tyd van 13.18 sekondes.
• Kayle Blignaut kon spog met ʼn bronsmedalje in die gewigstoot met ʼn afstand van 19.05 m.

Caster Semenya het ʼn nuwe nasionale rekord in die 400 m opgestel toe sy in ʼn tyd van 49.66s geseëvier het om die 18 jaar oue SA-rekord te verbeter.

Van die ander prestasies tydens die kampioenskap sluit in Saterdag se vier medaljes. Antonio Alkana het goud in die 110 m-hekkies gewen in 13.51 sekondes. Khotso Mokoena het silwer verdien in die driesprong vir mans. Sy afstand was 16.83 m. Valco van Wyk was tweede in die paalspring vir mans (5.10 m). In die spiesgooi vir vroue het Jo-Ane van Dyk silwer gewen met ʼn afstand van 53.72 meter.

Ná vier dae was Suid-Afrika die voorlopers op die medaljeleer met 21 medaljes. Daar was toe reeds 6 goue-, 10 silwer- en 5 bronsmedaljes in die sakkie.

Meer inligting is hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bul ·

Great dat Wayde en Caster in die heldesaal opgeneem word hulle verdien dit regtig. Het RSA nie ‘n atleet vir die heldinne saal nie…. ?

E.K. die eerste ·

Puik prestasie almal van julle. Jammer oor die vrot reëlings – hoop nie julle tel een of ander kiem of ‘n ding op want klink maar vuil en erg vir my!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.