‘n Geregtelike kommissie sal waarskynlik kyk waarom die Gupta-verwante Regiments Capital as beleggingsadviseur by Transnet se Tweede Vastevoordelefonds (TVVF) aangestel is en ongerymdhede wat daaruit voortgespruit het.
Alles vir Sondag 5 Augustus 2018
Openbare verhore oor grondonteiening afgehandel
Die parlementêre gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee het Saterdag die provinsiale openbare verhore oor artikel 25 van die Grondwet in Kaapstad afgehandel met een van die grootste vergaderings tot nog toe.
Swazi-koning bevestig grond is nie gesteel nie
Die grondgebied van die hedendaagse Mpumalanga is van niemand gesteel of afgeneem nie, maar Voortrekkers het dit bekom van die destydse Swazi-koning deur onder meer ruilhandel met vee, het die VF Plus in ‘n verklaring bevestig.
Voorlopige sekwestrasie op VBS-bank se hoofde toegestaan
Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag voorlopige sekwestrasie toegestaan op die beleërde VBS Mutual Bank se voormalige uitvoerende hoof, Andile Ramavhunga en die voormalige bedryfshoof, Robert Madzonga.
Vermeende stropers weer vinnig terug in die hof
Ses verdagtes wat van renosterstropery beskuldig word, sal vandeesweek weer in die Grahamstad-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Leerbaarheid
Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (Galasiërs 6:3)