Sy het die kroon as oudste persoon oorgeneem toe Misao Okawa (117) van Japan onlangs oorlede is. Lees meer hier.
Weaver was blykbaar heel bewus van haar nuwe status, en het haar hoë ouderdom aan haar vriendelikheid en die feit dat sy feitlik haar lewe lank vir haarself moes kook toegeskryf. Sy het ook te kenne gegee dat sy graag pres. Barack Obama op haar 117de verjaardag sou wou ontmoet.
Die persoon wat nou die oudste ter wêreld is, is ook ’n Amerikaner. Jeralean Talley (115) van Detroit is op 23 Mei 1899 gebore. Sy sal heel moontlik die laaste persoon wees wat die titel van oudste persoon dra, en terselfdertyd in drie verskillende eeue én twee millennia geleef het.