Regisseur van eerste ‘Superman’-fliek sterf

Richard Donner in 2017. (Foto: VALERIE MACON / AFP)

Richard Donner, Amerikaanse regisseur van die eerste Superman sowel as die trefferrolprent The Goonies, is Maandag in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Die oorsaak van Donner se dood is nie in dié stadium bekend nie.

As regisseur het Donner flieks soos die 1976-riller The Omen gemaak en later benewens regie ook as vervaardiger opgetree in flieks soos X-Men en Free Willy.

Donner het ook oor die jare episodes van ikoniese televisieprogramme soos Get Smart, Perry Mason, Gilligan’s Island en The Twilight Zone gemaak.

Die bekende regisseur Steven Spielberg, wat die verhaal geskryf het waarop The Goonies geskoei is, het intussen in ʼn verklaring gesê Donner het ʼn “beslissende beheer” in sy rolprente gehandhaaf.

“Om in sy binnekring te wees was soortgelyk aan die geselskap van jou gunsteling-afrigter, slimste professor, felste motiveerder, innemendste vriend, die sterkste bondgenoot, en – natuurlik – die grootste Goonie van almal,” het Spielberg gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.