Amptenare van die Suid-Afrikaanse ambassade in Ierland sal ondersoek instel na ʼn egpaar in dié land gesterf het.
“Ons het amptenare van ons ambassade na die plek gestuur waar die voorval plaasgevind het,” het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Vrydag gesê. “Ons wag nog op ʼn verslag van Dublin op inligting wat die polisie reeds bevestig het.”
Maroela Media het Donderdag berig die getroude egpaar van Suid-Afrika, is Woensdagaand in County Clare aangetref terwyl brandbestryders by ʼn afsonderlike voorval doenig was.
Die Irish Times het berig Angelique Blling (27) het saam met hul oudste dogtertjie uit hul huis na die straat gehardloop voordat sy ineengestort en aan meswonde gesterf het.
Haar 44-jarige man, Cornelius (Neels) Billing, is by die trappe van die huis aangetref met ʼn meswond in sy nek. Hy het glo ʼn mes vasgehou voordat hy ook ineengestort en gesterf het.
Volgens verskeie mediaberigte sou die egpaar vandeesweek in die hof verskyn het oor toesigkwessies, aangesien Angie glo saam met hul dogters na Suid-Afrika wou terugkeer. Die dogtertjies is drie en vyf jaar oud.
Volgens die Irish Times is die egpaar se wonde vermoedelik met dieselfde kombuismes opgedoen. Die plaaslike polisie het die moontlikheid dat iemand anders by die sterftes betrokke was, uitgeskakel.
Kgwete het gesê die amptenare sal ook die burgerskapstatus van die egpaar verifieer en bepaal wat gedoen kan word om die kinders te help. Die paartjie het glo eers onlangs na die plattelandse deel in Ierland, Kildysart, Co Clare verhuis.
Arme ARME kinders. Hemel tog…
Ag hemel … om te baklei tot die dood?
Paartjie se van – Hoekom meld die berig “Belling” maar die foto-onderskrif “Booysen”?
Dagsê Hanno
Die fout is reggestel. Baie dankie
Groete
Kinders is altyd die slagoffers van selfsugtige ouers.
Dis maklik om hier te sit en oordeel maar niemand sal die ware storie hoor of ken nie. Ja ek stem saam arme kinders maar niemand sal kan se presies wat daar gebeur het nie.
Die regering van.SA kan nie eers byhou met die sterftes hier nie, maar nou gaan hulle EEN GEVAL in Ierland “ondersoek” …ag asseblief…!