Landon Reese (6) van Jackson, Mississippi in Amerika, het gedink hy gaan oor ‘n plas water ry, maar hy het met sy fiets in ‘n reuse sinkgat beland.
Landon het Saterdagoggend in die sinkgat, wat glo so diep soos sommige swembaddens is, geval en byna verdrink, berig Clarion-Ledger.
‘n Buurman, Tai Shelby, het gesien hoe Landon se arms swaai en hom gegryp.
“Ek het hom net dae vantevore geleer hoe om water te trap,” het Felicia Henderson, Landon se ma, gesê. Sy geskop het glo sy lewe gered.
Die departement van openbare werke het intussen op ‘n versoek van die gemeenskap reageer en dié bykans 2m diep gat gevul.