ʼn Man van Kalifornië wat wou sien wat ʼn hawelose persoon met $100 sou doen, het gesê niemand is meer verras as hy oor dit wat gebeur het nie. Die video is binne drie dae reeds byna 18 miljoen keer op YouTube gekyk.
Josh Paler Lin, ʼn gewilde YouTube-persoonlikheid, het die $100 (sowat R1 100) kontant vir ʼn bedelaar in Los Angeles gegee. Hy het hom toe in die geheim met ʼn kamera agtervolg om te kyk wat Thomas met die geld sou doen.
Josh was so verstom deur Thomas se optrede, dat hy met ʼn veldtog begin het om hom te help om weer op sy voete te kom. Die aanvanklike doelwit was om $10 000 in te samel, maar hulle het reeds meer as $84 000 op die skarefinansieringswebwerf Indiegogo vir Thomas ingesamel en die veldtog duur nog tot 21 Januarie 2015 voort.
Kyk om jou, hoeveel mense wat baie het gaan gee???. Dis hoekom ons eie mense in plakkerskampe is. Hulle het ook eers die boot verkoop ensv….. Gee net werk vir ons mense, dit is die grootste geskenk.