Die name van die vier nuwe elemente wat by die periodieke tabel bygevoeg word, is Woensdag deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC), wat chemiese terminologie bepaal, aangekondig.
Drie van die voorgestelde name is gebaseer op die plek waar die element ontdek is. Nihonium (Nh) is geneem uit die woord “nihon”, wat een manier is hoe “Japan” in Japannees uitgespreek word. Moskowium (Mc) verteenwoordig sy Russiese oorsprong en tennessien (Ts) die Amerikaanse staat waarna dit vernoem is.
Slegs oganesson (Og) is vernoem na ʼn persoon, die Russiese kernnavorser, Yuri Oganessian.
Die voorgestelde name word nou vir vyf maande lank aan die publiek voorgehou vir terugvoer en enige besware. Indien geen besware voor 8 November ingedien is nie, sal die name amptelik erken word.
Die Amerikaans gebaseerde IUPAC het laat verlede jaar aangekondig hy het die ontdekkings geverifieer om die vier elemente, nommer 113, 115, 117 en 118, te aanvaar as die jongste om tot die periodieke tabel van chemiese elemente bygelas te word.
Die elemente is met deeltjieversnellers geskep en bestaan net vir breukdele van ’n sekonde. Leemtes in die sewende ry onderaan die periodieke tabel kan nou gevul word.
Lees meer: IUPAC
Geagte maroelamedia,
Oganesson (Og) het ‘n atoomgetal van 118, nie 117 nie.
Het Maroela gesê dis 117? Vra maar net…
Dagsê Pieta
Ons het inderdaad ‘n vingerfout gemaak en aangedui dis element 113, 115, 117 en 117. Die fout is reggestel.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Wat van “the element of surprise”?
Wat is die doel van die periodieke tabel? Is dit ‘n plek vir wetenskaplikes om nuwe ontdekkings op te teken, of om al die elemente wat in die natuur voorkom vas te lê?