Die veranderinge is hoofsaaklik as ʼn gevolg van bedankings en die onlangse afsterwe van Roy Padayachee van die departement openbare werke en administrasie. Lindiwe Sisulu word uit die ministerie van verdediging na dié departement verskuif. Nosiviwe Mapisa-Nqakula skuif uit korrektiewe dienste na verdediging en Sibusiso Ndebele sal haar plek by korrektiewe dienste inneem. Ben Martins vervang Ndebele as minister van vervoer.
Zuma het ook aangekondig dat die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele, wat tans geskors is, afgedank word weens sy rol in die omstrede polisie-hoofkantoor transaksie. Mangwashi Phiyega is nou die nuwe nasionale polisie kommissaris. Voor dié aanstelling het Phiyega lank as voorsitter en raadslid by Absa gedien. Sy is die eerste vroulike polisiekommissaris vir Suid-Afrika.