Luister: 20 skole, 30 kore, 1 vertoning, 1 arena, 1Koor-konsert

(Foto: verskaf)

https://iono.fm/e/1232577
Die grootste koorbyeenkoms van die jaar word met opgewondenheid bekendgestel. “1Koor” is die geleentheid wat jy nie wil misloop nie. Verskeie laer- en hoërskoolkore vorm een massakoor in dié unieke geleentheid.

Koorklanke gaan die SunBet Arena by Time Square in Pretoria vul op 29 Oktober 2022 met ‘n spesiale vertoning. 1Koor is ʼn inisiatief van iTickets in samewerking met die Afrikaanse skoolgemeenskap.

Hierdie byeenkoms dien as platform om die ryk koorkultuur in Suid-Afrika te bevorder en bewustheid daarvan te skep. Die 1Koor-konsert bied vir leerders die unieke geleentheid om op die wêreldklas verhoog van die SunBet Arena hul stemtalent uit volle bors uit te basuin en die 2022-koorseisoen op die hoogste noot af te sluit.

Die byeenkoms beloof om slegs die afskop van ʼn tradisie te wees wat in die toekoms sal vergroot en landswyd uitgebrei gaan word. Vanweë die groot belangstelling word deelnemende skole in die eerste jaar outomaties betrek vir die 2023-megabyeenkomste wat wêreldwye blootstelling gaan geniet.

Die kore tree onder leiding van Anton Pottas op en hy sal as koördineerder van die vertoning dien. Bekende kunstenaars is ook betrokke by hierdie onvergeetlike 1Koor-konsert naamlik soos Droomsindroom, Lisie Basson (Die kontrak), Germandt Geldenhuys, Zaan Sonnekus en Die Rakkers.

 Kom wees deel hiervan en ervaar 1 Koor
Datum: 29 Oktober 2022
Tyd: 18:00
Plek: Sun Arena @ Time Square
Kaartjies aan die publiek is R250 en beskikbaar by iTickets:  https://itickets.co.za/events/469429

  • Albertus Potgieter, besturende direkteur van iTickets Suid-Afrika, vertel wat gehore van dié geleentheid kan verwag. Potgieter het met Maroela Media hieroor gesels. Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

Deelnemende skole:
Afrikaanse Hoër Seunskool
Hoërskool Eldoraigne
Hoërskool Jeugland
Hoërskool Kempton Park
Hoërskool Monument
Hoërskool Waterkloof
Hoërskool Zwartkop
Laerskool Constantiapark
Laerskool Garsfontein
Laerskool Hennopspark
Laerskool Impala
Laerskool Kenmare
Laerskool Monumentpark
Laerskool Van Riebeeckpark
Laerskool Wierdapark

Aanbiedingspan:

Die 1Koor Hoër word bestuur, bevorder en vervaardig deur iTickets, een van Suid-Afrika se voorste aanlyn bronne vir openbare geleenthede. iTickets verskaf aanlyn kaartjiedienste vir ‘n databasis van honderdduisende ywerige gebeurtenis-entoesiaste reg oor die wêreld. Besoek die webwerf www.itickets.co.za vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.