Luister: Hoe lyk die pad na sukses?

Wat lê aan die anderkant van sukses?

Dít is die vraag wat dr. Johan Beukes, bekende leierskapkenner, vir mense wat in hul onderskeie loopbane sukses bereik het, vra.

“Ek het die idee gekry toe ek besef dat mense sukses romantiseer. Daar is iets ontduikend én opwindend daaraan,” het Johan oor die nuwe reeks se tema gesê.

“Die ding wat mense nie altyd besef nie, is dat sodra hulle die sukses waaroor hulle gedroom het bereik, daar nuwe geleenthede en uitdagings oor hul pad kom.”

In dié reeks, wat Donderdag 6 April op Facebook afgeskop het, sal Johan met mense soos Leon van Nierop, Aletté -Johanni Winckler, Jak de Priester, Nicholis Louw, Hunter Kennedy, Llewellyn Greeff, Henk Pretorius, Corli Botha  en Lizz Meiring oor hul paaie na sukses gesels.

“Ek geniet dit om meer oor die wêrelde van suksesvolle mense te leer,” sê Johan.

“Baie mense het nie toegang tot die geleentheid om met hierdie mense te gesels nie. Hopelik bied hierdie interaksies die geleentheid om mense op hul eie pad van sukses by te staan.”

Johan is ʼn leierskapkenner met verskeie kwalifikasies agter sy naam. Deur die jare heen het hy grade in psigiatrie, teologie, leierskap en bedryfsielkunde verwerf.

In sy podsendingreeks op Maroela Media gesels hy oor leierskap, die geheime daaragter en hoe sy 8-beweging-leierskapmodel werk.

  • Luister boaan na die vyfde episode van Johan Beukes se reeks oor sy diepgaande 8-beweging-leierskapsmodel.
  • Besoek dr. Johan Beukes se webwerf hierom meer inligting.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.