Luister: Moenie die geskenke in jou leierskapsreis miskyk nie

(Foto: Riccardo Annandale/Unsplash)

Keer-op-keer het dr. Johan Beukes al gehoor hoe belangrik uitkomste vir leiers is. Leiers wil ook dikwels graag beheer hê oor hierdie uitkomste en die proses daarvan bestuur.

“Leiers gee alles van hulself hiervoor; hul energie, idees en vaardighede word opgeoffer om hierdie uitkomste te bereik. Dit verg wilskrag, durf en waagmoed.

“Ek wil egter vandag vir leiers, hulle spanne en organisasies vra om ʼn tree terug te staan en ook met ʼn oop hand, hart en gemoed gereed te wees om die geskenke te ontvang wat hierdie proses na uitkomste kan oplewer.”

Dr. Johan meen die geskenk wat leiers en hulle spanne kan ontvang op pad na uitkoms sluit iets soos vriendelikheid, genade, geduld en selfs dankbaarheid in.

“Onthou net een van die grootste geskenke wat ons as leiers ontvang, is ons eie mense. Dit is dikwels die een geskenk wat ʼn leier nie moet miskyk nie.”

Dr. Johan daag jou as leier uit om hierdie week op die uitkyk te wees vir die geskenke wat jy in die proses op pad na ʼn uitkoms ontvang.

  • Luister boaan na die volledige episode deur dr. Johan Beukes oor sy 8-beweging-lewensmodel.
  • Besoek dr. Johan Beukes se webwerf hier om meer inligting.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

Johan Beukes. (Foto: verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.