Luister: ʼn Kykie na die eiendomsmark

Foto ter illustrasie. (Foto: Tierra Mallorca/Unsplash)

Die eiendomsmark sal vir die res van die jaar gedemp bly weens ekonomiese groei wat afneem, laer lone en die toename van lewenskoste.

Só glo Henck Conrey, aanbieder van kykNET se Vat jou goed en trek! en mede-eienaar van ’n eiendomsagentskap, in die jongste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor ideale skouhuise, die eiendomsmark en hedendaagse dekorgiere.

“Nog ʼn faktor wat tot ʼn gedempte eiendomsmark kan lei, is die toename van lewenskoste wat druk op huishoudings plaas. Hoër rentekoerse maak dit weer duurder om geld vir die verkoop van ʼn huis te leen,” sê Conrey.

“Asook huispryse wat stadiger groei as die tempo van inflasie.”

Conrey meen egter dat alles nie noodwendig negatief is nie, en dat daar ʼn silwer randjie rondom die donker eiendomswolk begin vorm.

“Daar is ʼn groot aanvraag na eiendom vir kommersiële gebruik. Ons sien ook baie internasionale kopers.”

Daar word ook verwag dat huispryse in 2024 staties gaan bly en selfs gaan afneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.