“Die idee van hierdie model is om holisties geïntegreerde, florerende leiers te vorm.”
Só sê dr. Johan Beukes, een van Suid-Afrika se bekendste lewensafrigters en leierskapskenners, in die tweede episode van sy podsendingreeks op Maroela Media.
In hierdie reeks sal hy dieper delf in sy diepgaande 8-beweging-lewensmodel, verdieping van bewustheid, uitdagings, oplossings, waagmoed en heroriëntasie.