Luister: Opknappingswenke voordat jy huis verkoop

Foto ter illustrasie. (Foto: Tierra Mallorca/Unsplash)

Wanneer jy ʼn eiendom op hande het om te verkoop, is daar waardevolle opknappingswenke wat jy kan volg om die verkoopsproses seepglad en blitsvinnig te laat verloop.

In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor die Suid-Afrikaanse eiendomsmark, ideale skouhuise en hedendaagse dekorgiere, gee Henck Conrey, aanbieder van kykNET se Vat jou goed en trek!, opknappingsraad vir die eiendom wat jy graag wil verkoop.

Conrey benadruk dat groot opknappingswerk eers kan geskied sodra basiese instandhoudingswerk by die eiendom gedoen is.

“Mense is geneig om te dink dat nuwe kombuise en badkamers ʼn groot verskil in die verkoop van hul eiendom maak. Alhoewel dit die geval is, is dit belangrik om eers na die basiese elemente van jou woning om te sien.”

Hierdie basiese instandhoudingswerk sluit ʼn dak wat lek, verf wat afdop, waterdamp wat versprei en die instandhouding van jou tuin in.

Om eiendom te bekom, is reeds ʼn reuse-uitgawe vir die koper, verduidelik Conrey. Basiese instandhoudingswerk behoort nie deel van dié uitgawe te wees nie.

“Dit kan beteken dat hulle ʼn ander huis bo joune sal oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.