Die beskuldigdes, almal Bulgaarse burgers, is in Februarie aangekeer en is sedertdien in aanhouding. Daar word beweer dat hulle vir die Russiese veiligheidsdienste gewerk het.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Augustus 2023
Grootste skok nóg vanjaar in brandstofprys verwag
Hierdie stygings in pryse sal ook druk op alle dieselverbruikers plaas, maar veral groot verbruikers in die landbou-, kleinhandel-, vervaardigings- en kleinhandelsektore.
Noord-Kaapse gesondheidshoof gevonnis vir tenderbedrog
Dr. Dion Theys, waarnemende hoof van die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, word daarvan beskuldig dat hy drie huurooreenkomste met JP Hugo Trading gesluit het, ten bedrae van meer as R13 miljoen, sonder om die voorgeskrewe maatreëls en verkrygingsprosesse te volg.
Morgan lei Wallis in oefenwedstryd teen Bokke
Dit lyk al hoe meer waarskynlik dat Jac Morgan nou Wallis by die Wêreldbeker-rugbytoernooi sal lei nadat dié flank as kaptein aangewys is vir ʼn opwarmwedstryd teen die Springbokke Saterdag in Cardiff in Wallis.
Styging in minimum loon wurg groei in landbousektor
“Die druk op die sektor het gelei tot ʼn vinnige toename in die algehele skuldlas op boere. In 2006 het boerderyskuld op R37,7 miljard gestaan. Teen 2022 het die skuld op R205 miljard gestaan. Dit is ʼn toename van 442% oor 15 jaar.”
Inskrywings vir Avbob-digkompetisie nóú oop
“Wanneer ons intense vreugde of smart ervaar, is dit dikwels na digkuns waarheen ons draai vir verligting, geselskap en troos.”
Leeus verskeur werker ná donker in Dinokeng
ʼn Span wat die reservaat se heinings nagaan, het Dinsdag omstreeks 10:37 op menslike oorskot in die reservaat afgekom.
ToekomsVenster: Die grootsheid van God se genade
Kom ons laat in die besonder ook die Gees toe om iets van die grootsheid van God se genade, sy teenwoordigheid, sy almag, sy omgee en sy liefde by ons tuis te bring; soveel so dat ons weer vir ʼn slag na ons asems sal snak.
Ál meer SA’ners oorleef op skuld
Ál meer Suid-Afrikaners wend hulle tot persoonlike lenings om die pot aan die kook te hou en die hoeveelheid skuld wat aangegaan is, het amper verdubbel.
‘Onwaarhede’ rede vir oproer op Swellendam – burgemeester
Die munisipale kantoor op die dorp is onder meer aan die brand gesteek en talle paaie versper, maar die burgemeester van dié Wes-Kaapse dorp sê die plaaslike owerheid gaan hom nie deur misdadigheid laat intimideer nie.
Foto’s: Dié gouejariges nou kannabissnoeiers
’n Handjievol afgetredenes het vandag opnuut die werksmag betree – dié keer om die waters van kannabissnoeiwerk te toets.
Verkiesing 2024: Sewe partye, een doel voor oë
Die DA, VF Plus, IVP, ActionSA, United Independent Movement (UIM), die Spectrum National Party (SNP) en die Independent South African National Civic Organisation (Isanco) gesels tans oor die moontlikheid van ʼn paktregering. Sommige bestempel dit as ʼn keerpunt.
Suzuki slaan nóg ʼn ses
Suzuki se nuwe Fronx het ‘n moderne ontwerp en beskik oor talle luukshede maar die uitklophou is die prys.
Chaos in Swellendam oor gewelddadige staking
Die munisipale hoofkantoor is ook aan die brand gesteek terwyl verskeie ander geboue en winkels deur die betogers geplunder is.
Mickelson dink hy is ‘groter as die spel’
“Hy was vir ʼn baie lang tyd ʼn geliefde figuur. Ons het hom bewonder vir sy spel, vir wat hy op die gholfbaan kon vermag. Maar deesdae lyk niks wat hy doen reg of aanvaarbaar nie.”
Messtekery by skool tydens oorsigbesoek
ʼn Inbreker het die leerder glo by die skool met ʼn mes gesteek tydens die komiteelede se verrassingsbesoek oor geweld en misdaad in skole.
Luister: Snotkop maak ‘marakas’ met nuwe musiek
“Ek het ʼn baie sagte plek vir die jeug en mense met groot drome; mense in die geheel wat dink hulle kan nie groot goed bereik nie, soos ek gedink het toe ek jonk was.”
‘Voorbokke’ in Tshwane-staking kry trekpas
“Altesaam 100 werknemers is sedert die begin van die staking drie weke gelede afgedank omdat hulle aan die onwettige staking deelgeneem het óf omdat hulle hul kollegas geïntimideer het.”
Kiara (18) verloor gesondheidstryd
Kiara Rossouw, die Fanconi se sindroom-lyer wat harte landwyd aangegryp het met haar merkwaardige gesondheidsverhaal, is Woensdag oorlede.
‘Depressie, nie hul dogter’, rede vir Dickason-tragedie – ouers
“Ons geliefde Liané, Karla en Maya is van hierdie lewe na ʼn ander geneem weens dié uitmergelende siekte.”