Chaos in Swellendam oor gewelddadige staking

(Foto: Verskaf)

Nog ʼn gewelddadige staking het Woensdagoggend in die Wes-Kaap vlamgevat ná honderde inwoners van Swellendam omstreeks 03:00 in protes teen beweerde gebrekkige dienslewering saamgedrom en die ganse dorp in chaos gedompel het.

Alle ingange in en om die dorp is met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper, waaronder die N2, sê sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder.

Motoriste is vroeër vandag aangeraai om alternatiewe paaie te gebruik en daar is gewaarsku dat die meeste groot paaie in Swellendam weens die onluste gesluit is.

Die munisipale kantoor is aan die brand gesteek terwyl betogers verskeie ander geboue en winkels geplunder het.

Die Bontebok Nasionale Park is onder meer gesluit omdat amptenare nie by die werk kon kom nie.

Twigg sê ʼn saak van openbare geweld is by die polisie aanhangig gemaak.

“Die plaaslike polisie met versterkings van naburige polisiestasies is na die gebied ontplooi in ʼn poging om die situasie in bedwang te bring.”

Die polisie het reeds 64 mense in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en brandstigting.

“Wetstoepassingsagentskappe sal in die gebied bly totdat die situasie gestabiliseer is,” sê Twigg.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Mariana ·

Nog ‘n geweldadige staking nog brand nog ‘n dag. Hierdie mense het wragtig niks tussen hulle ore nie, geen brein van sekonde oud nie. Hoekom word daar nie behoorlik opgetree deur die polisie nie? Tyd om onder hulle te begin vuur maak, tyd om hul werk te doen. SA is aan die brand en die president en sy maatjies kan nie minder omgee nie. Niks word gedoen aan die vandale nie, ja hier en daar word paar in hegtenis geneem maar more is hulle terug om net verder te verniel. Hoekom word hulle toegelaat om telkemale als op te mors?

Bolandse Nooi ·

Dis tyd om “fire” met “fire” te beveg. As jy iets afbrand, moet iets van jóú afgebrand word, as jy iets afbreek, moet iets van jóú afgebreek word. Net soos met die plaasmoorde, hoe sal die gemeenskap voel as die ‘boere’ hul wreek op onskuldige mense in die naaste informele woonbuurt waar daar ‘n plaasmoord gepleeg is?

Rudolf ·

Verwag meer van hierdie in die Wes Kaap – die Verkiesing is op pad en die Provinsie gaan onregeerbaar probeer gemaak word. Waarom nie hierdie tipe optrede in mislukkende dorpe elders nie ? Swellendam word goed bestuur met die hulpbronne beskikbaar. Diensleweringsprotes ? Regtig ?

Danie ·

As jy nie wil betaal vir dienslewering kan jy dit mos nie eis nie. Dit kos geld ons dienslewering te pleeg. Die minderheid kan nie die meerderheid se “wil verniet dienste hê” dra nie.

Henk ·

Dink julle nie die beherende party van die land sit agter die probleme nie ?

LANA is ELANè ·

Beslis, niks of niemand anders nie, dit is slegs hulle wat nie omgee vir infrastruktuur vernietiging nie.

Althes ·

Kla hul aan vir sabotasie want hul vernietig kosbare staatsinfrastruktuur. Niks ander as terrorisme.

Daisy ·

En afbrand, verniel en breek gaan dienslewering verbeter?
Nie in enige regdenkende mens se lewe nie – maar dis hulle probleem – hulle kan nie dink nie

Louise ·

Nou het hulle die geboue afgebrand en geplunder en môre lui hy honger want daar is nie kos nie wat nog te sê van dienslewering en dan het hy ook nie werk nie want alles is nou verwoes.

Miskruier ·

Die invloei van ander party stemmers wat die voordele van die DA wil geniet, moet gestop word.

kragaap ·

Weet wat die Botha regering sou gedoen het. En dit sou gewerk het ook.

Bolandse Nooi ·

Ou Krokodil het juis gesê net omdat iets soos ‘n mens lyk, beteken nie dis ís ‘n mens nie. Soos bv. ‘n akkedis …. dit lýk soos ‘n krokodil, maar dit ís nie ‘n krokodil nie (of iets in dier voegen).

kragaap ·

Krokodil of akkedis – die tipe terrorisme wat huidiglik in SA aangaan sou nie gebeur het nie.

LANA is ELANè ·

Beeldskone land vol vieslike mense wat hulself die reg toeëin om ander mense se eiendom te vernietig. Daar is beslis ñ buitenste politieke mag wat hiervoor verantwoordelik is. Ek is siek en sat vir hierdie geweld wat oral opvlam, wat eienaardig is dit bly in munsipaliteite gebeur waar ander partye as die ANC/EFF in beheer is. HIERDIE land is buite beheer!

Catherina ·

Terwyl Suid Afika letterlik en figuurlik brand hoor mens net…ons sal ondersoek instel of we condem the violence.

Hannelie ·

Die land is vol terroriste. Waar is die President, seker weer iewers heen oppad in ‘n vliegtuig. Ek het nog nooit so ‘n onbetrokke Staatspresident gesien nie. Eish

Bolandse Nooi ·

Ag, ek wonder waar jy aan jou inligting kom. Praat met mense wat IN die Wes-Kaap woon. Dit gebeur hier … dit het laasweek ook hier in Worcester gebeur, waar daar omtrent nooit iets gebeur nie. Kamma “taxi staking|” … dit het bokkerôl met dienslewering te doen – dit is ‘n blatante poging om die W-K te destabiliseer in aanloop tot die 2024 verkiesing. Maar hulle – die ANC en EFF – gaan niks regkry nie; Wes-Kapenaars is uitgeslaap!

miavos ·

Johannes van Eeden waar is jy nou met jou vervelige stories van ‘veilige Swellendam’?

Karoo ·

Wanneer jy reeds niks het nie, kan jy dus niks verloor deur om die bietjie wat om jou is ook af te breek nie. Hulle betaal dan reeds vir niks…. so…. dis ‘n politieke aanval op die Weskaap. Hulle kom vir ons, nee…. hulle is reeds hier!!!

Kokerboom ·

Daar moet DRINGEND aandag gegee word aan die funksie, doel en vermoeë en paraatheid van SAP
Die boewe moe NIE eers in dorp toegelaat gewees het. Stuur skaderekening aan ANC
Ander dorpe wees paraat!!

Jr ·

The Frankenstein monster that the cANCer party taught and created om te plunder en vernietig is besig om amok te maak. Frankenstein sal uiteindelik die meester wat hom geskaap het vernietig. Hulle sal uiteindelik hulle meesters dood maak

JohanR ·

Die eerste ding wat uitkom is die vuurhoutjies of aansteker! Te dom om te besef iemand gaan moet vir daai afgebrande gebou betaal.

GenX ·

Die vorige regering het n legacy van apartheid agtergelaat. Die huidige regering laat n legacy van korrupsie, walging, annargie, ruggraatloosheid, magsbeheptheid, onbevoegdheid, gierigheid, verwoesting, armoede ens ens. Die lys kan aanhou en aanhou. Die bloed drup van julle hande af, nie net die wat in hierdie wettelose land afgemaai word nie, maak nie saak watter kleur nie, ons almal gaan saam hierdeur, maar ook die wie se besighede vernietig word en net nie die lig sien om oor te begin nie. cyril, jy is n verleentheid vir jou voorgeslagte en sal wees vir jou nageslagte. Kan nie aan een ding dink waarop hulle trots kan wees nie. Ek sal aanhou om my vingers stomp te werk om my kinders te help om uit hierdie land te kom.

kragaap ·

Lees iq and the wealth of Nations deur Richard Lynn. Verduidelik goed.

Pim ·

Dis amazing dat die Wes-Kaap nou so deurloop. Heel toevallig, ek dink nie so nie. Dis georganiseerde chaos net soos in Pretoria

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.