‘Depressie, nie hul dogter’, rede vir Dickason-tragedie – ouers

Lauren Dickason Dinsdag in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland. (Skermgreep: NZ Herald)

“Dit was nie ons dogter nie, maar ʼn verlammende geestesongesteldheid wat aanleiding gegee het tot ʼn verskriklike tragedie, die besonderhede waarvan julle nou al deeglik bewus is.”

Só lui ʼn verklaring van die veroordeelde moordenaar Lauren Dickason se ouers, Malcolm en Wendy Fawkes, asook hul uitgebreide familie, wat hulle gedeel het ná haar skuldigbevinding Woensdag in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland. Malcolm en Wendy het die verhoor van hul dogter van begin tot einde bygewoon, berig 1News.

“Ons geliefde Liané, Karla en Maya is van hierdie lewe na ʼn ander geneem weens dié uitmergelende siekte.

“Ons wil die mense van Nieu-Seeland, Suid-Afrika en elders ter wêreld bedank wat die uitwerking van nageboortedepressie en geestesongesteldheid begryp en aan ons ongelooflike steun gegee het,” lui die verklaring.

Die Fawkes-familie het Nieu-Seelandse staatsdepartemente wat op “grootmoedige en meelewende” maniere na die familie uitgereik het, ook bedank.

“Daar is geen wenners in hierdie tragedie nie.”

Die Fawkes-familie het ook ʼn beroep op families en individue wêreldwyd gedoen om hulle so gou moontlik van die simptome van post partum- depressie te vergewis; nie net vir hulself nie, maar ook vir nabye vriende en familielede.

Die Nieu-Seelandse polisie het in ʼn afsonderlike verklaring ook sy medelye met die familie betuig wat nie die drie dogtertjies sal sien grootword nie.

“Woorde kan nie die tragiese omstandighede van hierdie ondersoek beskryf nie,” het speurinsp. Scott Anderson na afloop van die skuldigbevinding gesê.

Volgens hom het die Dickason- en Fawkes-familie hul samewerking regdeur die ondersoek aan die polisie gegee, berig NZ Herald. Anderson het ook die polisie se ondersoekspan vir hul toewyding bedank en het die saak as ingewikkeld en uitdagend beskryf.

“Van teenwoordigheid op die toneel op daardie aand, tot die afhandeling van die verhoor en regdeur het ons personeel met professionele toegewyding en empatie gewerk om die saak af te handel,” sê Anderson.

Vonnisoplegging volg later

Die Dickason-sussies (Foto: Facebook)

Die 42-jarige Dickason, ʼn dokter van Suid-Afrika, het tereggestaan vir die moorde op haar en haar man, Graham, se dogtertjies van onderskeidelik ses en twee jaar oud. Die gesin het vroeër van Suid-Afrika na Nieu-Seeland geëmigreer.

Dickason het Liané, Maya en Karla op 16 September 2021 vermoor deur kabelbinders om hul nekke te bind en hulle daarna te versmoor. Sy het daarna onsuksesvol haar eie lewe probeer neem.

Lewenslange tronkstraf staar Dickason nou vir elk van die skuldigbevindings op moord in die gesig.

Regter Cameron Mander het Dinsdag gesê dit sal onvanpas wees om Dickason in hierdie stadium tronk toe te stuur, omdat sy verpligte behandeling ondergaan. Die regter het kennersverslae oor Dickason se geestestoestand aangevra, asook watter vonnis gepas sou wees.

Nadat sy aanvanklik uit die hof begelei is, het Dickason haar kop geskud, berig NZ Herald. Sy is daarna na die hofsaal teruggebring en aangesê dat sy in die Hillmorton-hospitaal tot en met haar vonnisoplegging aangehou sal word.

Dié datum sal later bepaal word.

Dickason se ouers het kalm in die openbare galery gesit, met haar ma wat na die vloer gestaar het. Ander lede van die publiek wat ook die verhoor bygewoon het, het hulle vertroos.

Dickason se prokureurs het na afloop van die skuldigbevinding ook in trane uitgebars, en verskeie jurielede het die hof huilend verlaat nadat hulle verskoon is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Karoo ·

Mense… nou dit is Liefde, tenspyte van hierdie hartverskeurende situasie het byde die Dickason en Fawkes familie bymekaar gestaan en Lauren saam in NZ geondersteun. Dit is sterk!!! Net jammer dat haar Man, en die Pa van die kinders, Greame hom nie self sover kon kry nie.

piet ·

As ek haar man was sou ek ook niks meer met haar te doen wil he nie.

Karoo ·

So… bloed is dikker as water. Of ry sy geweete hom dat hy wel ‘n aandeel hierin gehaad het

piet ·

Hy’t geen aandeel in die pleging van die moorde gehad nie want dan sou hy medepligtig aan moord gewees het. Sy’t die kinders doodgemaak omdat sy kwaad was omdat hulle nie vir haar luister nie. Hierdie yuppies is snaakse mense.

Karoo ·

Nee…. hyt net meer as een keer agter die deur gestaan. Wat ‘n Man is hy nie.

Raadsman ·

Malcolm is ‘n baie goeie mens en nou verloor hy eers sy kleinkinders en nou sy dogter. Kry hom baie jammer. Wat maak jy in so ‘n situasie – baie erg.

Aai ·

Sterkte aan die pa en die res van die familie net hy sal weet wat die waarheid is en die skuldige een.

Zonnebloem ·

Die waarheid is sy vrou het die drie kinders vermoor. Sy het self erken sy het die kinders dood gemaak. Gaan alle moordenaars nou hulle depressie kan gebruik as verskoning?!

My Mening ·

Nou wat probeer jy sê? Dat haar man eintlik die skuldige een is? Ek dink dis baie duidelik wat hier gebeur het!

Aai ·

Nee dit is nie wat ek se maar glo hy sal vir die res van sy lewe daarmee moet lewe oor wat het hy reg of verkeerd gedoen dat dit tot dit moes ly.

Karoo ·

Ons weet al 5 weeke terug Lauren is skuldig…. wat gese word is, dat Greame ‘n aandeel daarin gehaad het.

domheks ·

Hoekom hoor ons van haar ouers maar niks van haar man nie? Ek het baie simpatie met hom.

Oe la la ·

Domheks.. wat wil jy hê moet hy sê? Dat hy bly is sy vrou is skuldig? Of dat hy nie saam stem nie en dink sy vrou is onskuldig? Ek dink die beste wat hy kan doen is om eder net niks te sê nie want wat sê n mens op so iets? Die bly n ongelooflike hartseer situasie..

Karoo ·

Hy kon se, dat hy jammer is, dat hy voel hy meer moes gedoen het, en dat hy daardeur haar ondersteun met haar lot en dat hy saam met sy ouers, haar ouers in sy hart daaraan gaan werk om haar te vergewe want sy is siels siek. Dit is ‘n Man, dit is’ n Egenoot, dit is ‘n Pa.

piet ·

Nie so sielsiek dat sy nie verantwoordeik gehou kan word vir haar dade nie soos ons dan ook sien, skuldig aan moord.

Sues ·

Ek dink miskien kan ‘n ouer sy/haar kinders vergewe vir byna alles, maar as ouer is dit baie moeilik om die person te vergewe wat jou kinders dood gemaak het.

Rocco ·

Dr Dickason kruip glad nie weg nie. Hy werk as dokter in Pretoria. Hy is ook baie getraumatiseerd deur die voorval, en party mense verwerk sulke situasies om deur te werk en besig te bly. Hy was / is ‘n goeie pa – sulke tragedies gebeur, en moenie die skuld voor sy deur lê nie

Karoo ·

… moenie die skuld voor sy deur le nie….. Ons weet dit was Lauren, maar hy het ‘n rol daarin gespeel. En dit is AL waarvoor hy verantwoording moet neem, net dit, niks meer.

TO ·

Ek het nie simpatie met hom, hys ‘n dr, geniet sy lewe terug in SA, terwyl sy male sonder tal uitgereik het na hom, en hy het niks gedoen, of so kom dit voor. Hy is net so skuldig. Sal seker aanstons van ‘n nuwe liefde in sy lewe lees

Karoo ·

Net so TO…. ek dink jy is baie verlig. Ontslae van dit alles…. letterlik.

Karoo ·

Nes hy toe nie verandwoordelikheid vir sy Vrou, kinders en verhouding geneem het nie. Hy KON haar HELP…. en hy het nie.

Marcello ·

Ooreflik vanag wie ???? Dit is nie oorerflik nie……. Omstadighede veroorsaak dit.

Truman Burbank ·

Min mense weet eintlik iets daarvan. Want geen bloed toets kan dit bepaal nie

Andries ·

Die wat sonder sonde is gooi jy die eerste klip so het Jesus gesê.

Truman Burbank ·

Mense wat aan depressie lei pleeg nie moord. Moordenaars gebruik depressie as verskoning

Jax ·

Ek het self drie kinders. Met die laaste een het ek vir maande lank erg nageboorte depressie gehad. Ek het dikwels vrees-aanjagende gedagtes gehad – dinge wat my nou nog pla maar nooit, ooit sal/sou ek enige leed aan myself of my Kinders doen nie. Ek het hulp gaan soek en iets aan my situasie en denke/gevoelens gedoen. Wanneer n mens aan enige geestes versteuring ly, maak jy geen drastiese besluite oor verhuising (Veral nie emigreer) nie. Jy hou ook, onder geen omstandighede op om jou medikasie te neem nie. Hierdie ouers is dokters – geleerde mense in die veld van versorging aan siekes. Hulle het van beter geweet! Beide ouers! Hierdie ma het haar kinders vermoor! Punt! Ek was self in n baie diep gat maar moord pleeg – nooit nie! My trane loop vir geen ander rede as vir wat die drie poplappe moes deurmaak in die laaste minute van hulle lewens aan die hand van hulle ma!

Karoo ·

JAX…. het jou Man, jou beste vriend, die Pa van julle kinders jou ondersteun en jou gehelp om nie jou kop te verloor nie? Ek glo van harte so… maar ek sien ongelukkig niks van dit in Greame nie.

melaney ·

Ek wil nie vandag in Dr Graeme se skoene staan nie. Hy lê seker met sy kop onder ‘n kussing en bid dat dit alles net ‘n nagmêrrie is. Nooit sal hy hierdie kant van die ewigheid sy dogters weer sien nie. My hart is saam my syne totaal stukkend. Die eerste woorde wat hy geuiter het na die moorde “I forgive her. Please will you do that too”. Vertel my nou hy het geen hart nie !!!!!!!!

Talitha ·

Hoekom kla jy heeltyd slegs die pa aan?
Wat van ander familielede wat haar ook geken het en kon help? Hoekom dit net voor sy deur sit?

Danie ·

Sy was ‘n dokter. Sy het geweet hoe om haarself te help of waar om hulp te gaan soek. Sy wou net nie.

Rocco ·

So as jy ‘n dokter is weet jy alles. Gee dit vir ander wat nie dokters is nie, ‘n verskoning om so daad te pleeg. As jy donker sien, sien jy nie oplossings nie – hoekom dink jy neem mense hul eie lewens. Hulle sien nie uitkoms nie

Judge ·

Sy wou Landuit as gevolg van geweld in die land. Hy moes waarskynlik al die reelings tref.
Ek sou waarskynlik ook pissed of wees na al die moeite en onkoste as my lewensmaat ewe skielik, na die verhuising, van plan will verander.

Rocco ·

Dankie vader jy is nie ‘judge’ in die hof nie. Ek sal selfs skuldige kriminele jammer kry.

piet ·

Wie’t opgehou om pille te gebruik, hy of sy? Ek dink in elk geval hierdie geestesongesteldheid storie word te ver gedryf. Sy was kwaad vir die kinders omdat hulle op die sofa gespring het en nie vir haar wou luister nie.

AH ·

Hy’s beslis ‘n beter mens as ek. Ek sou nie my Kinders se moordenaar kon vergewe nie.

Harry ·

I would never understand how anyone can have sympathy for this woman, she is technically a child serial killer, who murdered three children in the most brutal way, and y’all are just, ag shame poor her. What about sympathy for the children and the father that lost his entire family?

Rocco ·

You must see this in the context that she suffers from a mental illness. Of course people have sympathy with dad, and the little ones, that aren’t no more. We can only pray for the family. I don’t wish such a tragedy on any one

Judge ·

Accountability is the leftist and feminists kryptonite.
They pity the woman but blames the man.
This is the crazy world we live in now.

Christo ·

Sorry, geen verskoning regverdig dit wat die vroumens aan 3 dogtertjies gedoen het nie. Hopelik sit jy en sal jy lank sit.

Anna ·

Ek dink die psigiaters in NZ het hulle werk baie deeglik gedoen. Gewone mense verstaan oor die algemeen nie sielkunde genoeg om ‘n ingeligte opinie te kan lewer nie. Hulle sal net jammer voel oor dat sy depressie het.

Truman Burbank ·

Sielkunde is nie n toegepaste wetenskap nie. Trial and error

Miskruier ·

Die hormoonbehandelings wat vroue ondergaan maak hul sielsiek. Vra my ek weet. N genadige God het my bewaar.

Toergids ·

Suid-Afrika sit op ‘n geestes gesondheid tydbom, meeste in hierdie land van melk en heuning ly aan stres, depressie en ander geestes ongesteldhede.

melaney ·

Die onderwerp van geestes gesondheid was gister juis in die nuus. Ek het gelees al hoe meer mense stroom dokters toe weens hierdie probleem. Erger nog, is dat die meeste mense nie eers weet dat hulle aan angs en depressie ly nie.

Anonymouse ·

Hierdie is die wyste woorde wat ek nog gelees het in die kommentaar op hierdie saak.

LANA is ELANè ·

Watter aaklige siekte waaraan soveel stigma verbonde is. Ek voel bitter jammer vir hierdie hele familie, mag daar nou op watter manier ookal heling kom, sodat hierdie mense,almal slagoffers, net kan rou oor hul groot verlies en trauma wat deur die saak en vooraf gebeure ervaar is.

Marcello ·

Ek voel jammer vir die Pappa wat sy 3 kinders verloor het, maar ek verstaan nie hoe kon hul immigrasie oorweeg as sy nie Geestessgesond was nie. Hy is tog ‘n dr. hy moes mos besef het daar is groot fout, en dat sy nie haar medikasie MAG staak nie. Sterkte ook aan die grootouers, dit bly maar hartseer.

Milestone ·

Ek stem dat immigrasie nie hulle beste opsie was nie. Immigrasie is NIE ‘n “easy way out” nie. Dis geestelik uitmergelend en as jou gesondheid, geestesgesondheid, huwelik en vele meer nie rock solid is nie, moenie dit eens oorweeg nie. Dit kom met ongelooflik baie opofferings en aanpassings.

Haar ouers som dit reg op: hierdie saak het geen wenners nie.

Theresa ·

Ek wonder of dit juis nie haar idee was om te emigreer nie, hy wou dalk nie!!

Mariana ·

Maak nie saak hoe almal verwyte uiter nie en of die saak wil regverdig nie. 3 Onskuldige kinders is dood en albei ouers betaal nou daarvoor. Hy het sy hele gesin verloor, sy het ‘n daad gepleeg wat sy seker nooit sal vergeet nie, Hy moet aangaan met sy lewe en ook daarmee saamleef.

Karoo ·

Mag daar vir hom ook genade wees. En mag hy homself vergewe vir sy bydrae.

George ·

Mense, sy het herhaaldelik gese sy gaan die kinders vermoor, dit het op dowe ore geval, ja, man en vriende dra ook dit met die wete, maar op die einde van die dag het sy die moorde beplan en deurgevoer en moet gestraf word daarvoor.

Karoo ·

Die straf is gepas vir die erge daad, dit is egter net Lauren wat “Pa” staan hiervoor.

piet ·

Natuurlik want sy het alleen die kinders vermoor, so sy is alleen verantwoordelik.

piet ·

Ja, amper het sy weggekom met moord. As sy dalk meer gehuil het in die hof het sy weggekom met moord.

melaney ·

MM is dit moontlik dat jul kenners soos sielkundige en psigiater kan vra om meer inligting te verskaf oor die gevare van depressie en angs. Ek dink dit sal baie insiggewend wees. Dankie byvoorbaat.

Melanie ·

jy is nie geestes versteerd eers na jou 3de kind nie… nee… sy is n moordenaares en moet regtelik gestraf word vir dit.

Johann ·

Wat? Nie hulle dogter nie maar depressie? Syt presies geweet wat sy doen. Wat van julle totaal weerlose kleinkinders wat vermoor is “uit liefde”? Kan dit bie glo nie. Nie ‘n woord van sy sal moet verandwoording doen nie?

skurweberg ·

Dit laat ‘n mens dink. Omstandighede rondom ‘n mens en die trauma wat dit op ‘n fyngevoelige psige het, kan in enige rigting beweeg. Dis waarom ouderdomsbeperkings op programme geplaas word.

Vlooitjie ·

Die is een van vele hartverskeurende situasies wat elke dag gebeur, party haal net die nuus en ander nie, maar altyd tragies en onverklaarbaar oor “hoe” in die eerste plek en almal wonder en spekuleer. Wat amper vir my egter slegter is, is hoe ons ons opinies en judgements uitspoeg links en regs oor wat reg en verkeerd is oor die ma, die pa, die familie en en en. Niks kan daai dogtertjies terug bring nie, almal deel met hierdie verlies op hul eie manier ongeag of ek of jy dink dit behoort anders te wees. Laat die mense nou met rus. Hul almal gaan moet saam leef met watter rol hul ookal gespeel het wat begedra het tot hierdie aaklike insident.

James ·

En dan doen hulle dit nog sonder enige kwalifikasies of ondervinding. Die wat oordeel is reeds veroordeel. Pasop dit is ware woorde.

Porseleintjie ·

Wêreldwyd sien ons dat mense sonde doen en die rede daaragter voor siekte se deur lê. Of die oortreder en ander blameer alles en almal, behalwe die realiteit dat dit jou eie keuse is. Jy het die daad gedoen. Maw om verantwoordelikheid te aanvaar. Dokters word geraadpleeg letterlik vir alles, maar feit is daar is nie meer vrees vir God nie. Die wèreld moet terugdraai na Jesus- ons enigste Hoop. Misplaaste jammerte gee die idee dat goedkeuring aan die vrou se daad gegee word.

Oujongvrou ·

Dankie tog New Zeeland. Hierdie vrou is koelbloedig en hoort nie weer in sample wing losgelaat te word nie. Graham gaan aan met jou lewe al is dit hoe bitterlik seer en swaar.

mammamiatjie ·

Hoeveel keer het sy nie gese sy sukkel en het hulp nodig nie? Ek voel dat mense wat ly aan depressie en soortgelyke siektes nie ernstig opgeneem word nie – dis amper van “kom oor jouself” of “wat is nou weer fout” of “trek jou big-girl panties aan”. Ek is seker haar man het vir haar gese “trek jou big girl panties aan” soos wat ek in ‘n artikel gelees het – so hoekom is hy nie ook tot ‘n mate dan skuldig aan hierdie tragedie nie? Hoekom het hy haar daardie aand alleen by die huis gelos om te gaan uiteet as hy geweet het sy kry swaar? Het hy dit nie gesien nie of het hy gedink “ag, kom oor jouself”? Ek dink dit wys of hoe disconnected hy was of hoe min hy omgegee het.

AH ·

Sy het alles tot haar beskikking gehad om self te gaan vir berading, terapie of watter vorm van hulplsy nodig gehad het. Sy het egter eerder gekies om maniere na te vors oor hoe om haar kindertjies om die lewe te bring. Narsisistiese “brat” was moeg vir haar poppies, en wou nie meer met hulle speel nie. Net jammer dat hulle lewende wesentjies was wat nie ‘n monster soos sy verdien het nie!

mammamiatjie ·

Ek hoor wat jy se – sy kon die resources gebruik wat sy tot haar beskikking gehad het. Ek dink dis wel makliker vir ‘n persoon wat nie sukkel met geestesgesondheids kwale nie, om self uit te reik en bv ‘n afspraak by ‘n sielkundige te maak. ‘n Persoon wat so ver weg is, kan hulself in bittermin gevalle eintlik self help – hulle kan die hulp wat hul nodig het soms nie eers verbalise nie, dis dan wanneer die mense wat “vir hulle lief is” moet sien hier is fout en moet help.

Karoo ·

Ek is met jou mammamiatjie…. Greame, Lauren haar Man van 15 jaar +, die Pa, die hoof van die huis, het sy PLIG versuim. Alles het 2 kante…. en niemand wil dit aanspreek nie. Greame is AL wat hierdie 2 famielies nog oor het, dalk wil hulle dit nie sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.