Messtekery by skool tydens oorsigbesoek

Eldorado Park Secondary School (Foto: Eldorado Park Secondary School /Facebook)

ʼn Leerder is Dinsdag by die Eldorado Park Secondary School met ʼn mes gesteek terwyl die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid saam met die onderwyskomitee op ʼn verrassingsbesoek by die skool was.

Die gesamentlike oorsigbesoek het deel gevorm van ʼn studie om die doeltreffendheid van veiligheidsingrypings by skole om misdaad en geweld in skole te bekamp, te assesseer.

Volgens Thebe Khumalo, woordvoerder van die portefeuljekomitee, het ʼn onwettige betreder glo die leerder by die skool met ʼn mes gesteek. Die messteker het ná die voorval gevlug.

Die leerder is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Die komitees moes hul vergadering met die skoolhoof en die skoolbestuurspan kortknip om op die voorval te reageer,” sê Khumalo.

Die voorval beklemtoon opnuut die vlaag van geweld en misdadigheid wat in sommige Gautengse skole heers, sê Khumalo.

“Verskeie messe wat van leerders afgeneem is, is tydens die besoek aan komiteelede gewys. Hulle is ook ingelig dat ʼn leerder die vorige dag ʼn vuurwapen skool toe geneem het.

“Skokkende voorvalle soos hierdie kan nie verontagsaam word nie. Dit is nie geïsoleerde voorvalle nie en die regering en samelewing se dringende ingryping is nodig. Dit is om hierdie rede dat die komitees hul bevindings en aanbevelings tydens ʼn sitting ter tafel sal lê en die departement van onderwys verplig om in te gryp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koos 100 ·

En dan wil die ANC die loslaat op alle skole deur die BELA wetgewing?

Racheltjie Debeer ·

Die gevaarlikste “wapen” op skool voor 1994, was ‘n “pee shooter”. En as jy gevang is daarmee het jou agterent gebrand.

George ·

Dalk nie in julle gebiede nie, maar in ons gebiede bestaan die tiepe ding al van die 60s af.

Mariana ·

Kinders buite beheer en dit kan ook voor die ouers en regering se deur gelê word. Geen dissipline, geen respek. Die telgies word beskerm en in watte toegedraai want as hulle ‘n ordentlike pakslae moet kry, dan skree almal menseregte. En glo my ‘n goeie pakslae het nog nooit skade gebring nie, let wel pakslae nie aanranding nie. Nou is almal bekommerd oor wat in skole aangaan. En so kweek die regering net meer kriminele. Dit is die mense wat SA se toekoms sal wees…..dis nou as hulle dit oorleef of nie dalk hul dae in tronke sal deurbring nie. Maar onthou ook goeie maniere, dissipline en respek vir ander begin by die huis en by ouers.

Sê maar net ·

Jy het presies my gedagtes uitgespreek. 100%….
Afgetrede onderwyseres.

netek ·

As daar nie dissipline is nie, sal hierdie soort gedrag net froter word. Bring terug die rod en dinge sal sommer net vinnig weer beter word.

Koen ·

Jy is reg. Geweld werk altyd. Miskien moet die mes ook gebruik word?

Marcello ·

Dankie Vader, my kinders is klaar met skool, maar nou vrees ‘n mens vir jou kleinkinders.

Jeanette ·

Mariana ek kan net een ding bylas, hulle moess ook nooit Godsdiens uit ons skole gehaal het nie. Verder slaan jy die spyker op sy kop

Koen ·

Vn watter godsiens praat jy nou. Of moet almal nou gedwing word om een godsdiens aan te hang. Elke volk weet mos hulle god is die enigste.

Theresa ·

Ek glo sy verwys na God die Vader, die Seun en die Heilige Gees maw Christene!

Cathy ·

Die probleem is die waardes wat aan kinders oorgedra word, die vergeldings boodskappe wat deur ‘n verlede-gedryfde regering uitgestuur word. Waarom nie eerder na die toekoms kyk en brûe oor seer en tenakoming bou nie? Dit sal tog ‘n beter toekoms vir almal beteken. Leer kinders eerder om mekaar se verskille te aanvaar, en selfs te vier.

Antoinette ·

Daar kan weer wet en orde kom as ons saamsmelt en Koalisie vorm. Die ANC moet uit. Al die buiteland wil ons land hë, ons moet dit keer. Hierdie is die laaste geleentheid. Word WAKKER.

Theresa ·

Ek het sopas gelees, Gedagte vir die Dag, ongehoorsame kinders, word ongehoorsame leerders, opstandige landsburgers en ontroue kerkgangers….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.