Hierdie resep bied ʼn geurige alternatief vir die tradisionele (en dalk nou al vervelige) gekookte eier.
(Uit: Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)
Lewer 8 porsies
Bestanddele:
- 600 g varkworsies, vel verwyder
- 187 ml vars broodkrummels
- 15 ml tamatiesous
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 8 hardgekookte eiers
- 125 ml koekmeel
- 1 ekstragroot eier, geklits
- 375 ml gekoopte droë krummels
- 750 ml olie
Metode:
- Meng die vleis, broodkrummels, tamatiesous, sout en peper.
- Verdeel die vleismengsel in agt dele en vorm rondom elke eier.
- Plaas die meel, geklitste eier en broodkrummels in aparte vlak bakkies en rol eiers om die beurt daarin.
- Verhit genoeg olie en braai eiers tot goudbruin.
- Skep die eiers uit en plaas op waspapier om die ekstra olie te absorbeer.
Bron: Lekker & vinnig: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa
Skotse eiers? Regtig? Dan het julle nog nie Boere eiers gesien nie!