‘n Lekker suikerslimhappie vir die kinders se kosblik. Dit smaak soos piesangbrood, maar sonder die piesangs! Jy kan dit ook as klein muffins bak.
Maak 1 brood
Bestanddele:
- 90 g/125 ml (½ koppie) chia-saad, gemaal
- 125 ml (½ koppie) water
- 200 g/500 ml (2 koppies) amandelmeel
- 100 g/125 ml (½ koppie) xilitol
- 40 g/80 ml (1/3 koppie) klappermeel
- 40 g/80 ml (1/3 koppie) weiproteïenpoeier
- 12 g/15 ml (1 e.) bakpoeier
- 2,5 g/2,5 ml (½ t.) sout
- 180 ml (¾ koppie) melk
- 3 eiers
- 50 g/50 ml (1/4 koppie) botter, gesmelt
- 2,5 ml (½ t.) piesanggeursel
- 2,5 ml (½ t.) vanieljegeursel
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ʼn broodpan van 22 x 12 cm met bakpapier uit.
- Meng die chia-saad en water in ʼn klein bakkie. Laat eenkant staan om te week.
- Meng die amandelmeel, xilitol, klappermeel, weiproteïenpoeier, bakpoeier en sout in ʼn groot bak.
- Klits die melk, eiers, botter, piesanggeursel en vanieljegeursel saam in ʼn ander bak.
- Vou die nat bestanddele saam met die chia-saad (al die water behoort geabsorbeer te wees) by die droë bestanddele in tot goed gemeng.
- Giet die beslag in die voorbereide pan en bak vir 1 uur. Verminder die hitte dan na 100 °C vir nog 30 minute om verder uit te droog (indien jy muffins bak, verminder die baktyd na 45 minute en 20 minute).
- per 100 g: energie: 229 kkal. • proteïen: 16 g • vet: 14 g • koolhidrate: 10 g
- allergene: suiwel, eier, boomneut.
Bron: The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer
Uitgewer: Quivertree Publications
Ag nee rerig, ‘n piesangbrood sonder piesangs is NIE ‘n piesangbrood nie!
Lyk goed, baie dankie weereens ! :)
Hierdie is nou een van daardie resepte wat jy liewer moet vermy, die duurste “piesang” broodjie ooit, driekwart van die tyd krey ‘n mens nie eens al daardie verskillende meel soorte nie, en daardie klomp saadjies sal die kinders nie flous nie, vanilje geursel het ‘n mens gewoonlik in die huis maar piesang? al die moeite om iemand te “kul” bak dan maar ‘n gewone gesondheidsbroodjie, ek sê maar net, groetnis